Friday, 27 March 2009

Arthur Brown se 'luukse lewe'

Arthur Brown, die voormalige baas van Fidentia-batebestuursmaatskappy, bly saam met sy nuwe meisie, Annelizé van den Bergh, in 'n luukse huis op die Atlantic Beach-gholflandgoed in Melkbosstrand. Hulle ry ook rond met ’n swart Mercedes-Benz SL63 AMG, wat ongeveer R2 miljoen kos.

Volgens aktekantoorrekords behoort die huis aan die omstrede sakeman Brett Jolly se maatskappy, Brett Jolly Consulting. Jolly het in die verlede daarop aanspraak gemaak dat hy die grootste diamant ter wêreld ontdek het.

Die motor is ook in die naam van Brett Jolly Consulting geregistreer.