Die nasionale vervolgingsgesag sal nie aandag skenk aan die eise wat die voormalige advokaat Dirk Prinsloo gestel het nie.
Die NVG het gereageer op ‘n e-pos wat glo deur Prinsloo gestuur is. Hy was die minnaar van Cezanne Visser, wat as advokaat Barbie bekend staan. Prinsloo het glo gesê dat as gehoor gegee word aan sy eise, sal hy dit oorweeg om na Suid-Afrika terug te keer om in die Pretoriase Hooggeregshof tereg te staan op aanklagte wat onder meer verkragting, onsedelike aanranding en die besit en vervaardiging van kinderpornografie insluit.