Thursday, 19 March 2009

Regter: Almal was dronk

Die 45-jarige man wat beskuldig was daarvan dat hy die twee-jarige Sonja Brown vermoor het en toe haar liggaampie in ‘n riooltenk gestop het, het as ‘n vry man uit die Kaapse hooggeregshof gestap.

Booi Marthinus het gesê hy gaan eers ‘n werk soek en dan die Staat dagvaar vir skadevergoeding. Regter Basheer Waglay het gesê daar was nie genoeg getuienis teen Marthinus nie.

Dit het later in die hof uitgekom dat Sonja dalk vanself in die tenk kon geval het. Die regter het die getuies se weergawes verwerp en gesê dat byna al die volwassenes in die area op daardie dag onder die invloed van drank was.