Die Wes-Kaapse Premier, Lynne Brown, het die familie van die oorlede Nyanga kleuter, Unabantu Mali, verskoning gevra.
Die kleuter is dood op sy ouma se rug nadat hy weggewys is by drie regeringsklinieke. Brown het die omstandighede as “grotesk” beskryf.
Brown het gesê dit is ‘n ongemaklike situasie wat moreel onaanvaarbaar is.
‘n Geskokte gesondheidswerker by Groote Schuur het gesê dit is ‘n skande dat die kleuter, wat opmerklik siek was, nie eens ondersoek is nie.