Die minister van openbare ondernemings, Brigitte Mabandla, was teenwoordig en het deelgeneem in beraadslagings oor die finansiële pakket wat die SAL uitvoerende hoof, Khaya Ngqula ontvang het toe hy bedank het. Dié stelling is gemaak deur die voorsittervan die SAL raad, Jakes Gerwel, toe hy voor die parlement se openbare ondernemingskomitee verskyn het. Die sogenaamde goue handdruk was glo sowat R8 miljoen.
‘n Regeringswoordvoerder, Themba Maseko, het vroeër benadruk dat die kabinet niks van die ooreenkoms weet nie.