Die DA-leier Helen Zille het gesê sy sal voortgaan met haar versoeke dat die ANC-leier Jacob Zuma vervolg moet word.
“Nee mnr Zuma, ek sal nie ophou nie,” het sy in ‘n voorbereide veldtogtoespraak in die Paarl in die Wes-Kaap Maandagaand gesê.
Zille het gereageer op vroeëre opmerkings van Zuma, wat die naweek aan ‘n ANC-saamtrek gesê het dat “pleks dat hulle besig is om stemme te werf, hulle (die opposisie partye) besig is om hof toe te gaan om besluite wat nie bestaan nie uit te daag.”
Die DA het gesê indien die Nasionale Vervolgingsgesag die klagtes laat vaar, sal die DA dit oorweeg om ‘n privaatregsaksie teen hom te bring.
Tuesday, 31 March 2009
VF+ soek steeds volkstaat
Die VF+ sê dat selfbeskikking en ‘n Afrikaner volkstaat steeds bo-aan die agenda is van die party.
Leier Pieter Mulder het gesê sy party het afgesien van die plan om ‘n aparte land te hê en was nou bereid om te aanvaar watter model ook al werk, of dit op munisipale, provinsiale of nasionale vlak was.
Hy het gesê die model kon klein begin, soos die dorpie Orania in die Noord-Kaap, waar 600 mense woon.
Die leier van die Orania Beweging, Carel Boshoff, het gesê dat die bevolking van die dorpie gegroei het met tussen 14 en 20% oor die afgelope vyf jaar.

Hof: Deportasie was onwettig
Die gevangehouding en deportasie van die Pakistanse burger, Khalid Mahmood Rashid van Suid-Afrika na Pakistan in 2005 was onwettig, het die appèlhof Dinsdag bevind.
Die hofaansoek wat namens Rashid gebring is in die hof het bevind dat sy aanhouding by die Cullinanse polisiestasie en sy gevolglike deportasie na Pakistan, onwettig was.
Die appèlhof het egter bevind dat Rashid se arrestasie wettig was, aangesien hy onwettig in die land was.
Maar Rashid se deportasie was nie volgens prosedure nie aangesien daar geen korrekte lasbrief daarvoor was nie.

Vervolgingsgesag vergader steeds
Daar is nog geen nuus of die nasionale vervolgingsgesag die klagtes teen die ANC-leier, Jacob Zuma, gaan laat vaar nie.
Zuma het Dinsdag gesê dat hy nog steeds nie weet wat besluit is nie.
Die regsowerheid is glo met ‘n tweede ronde vergaderings besig Dinsdag om te besluit of hulle met die korrupsiesaak teen Zuma moet voortgaan.

Dalai Lama: Zuma steun regering
Die ANC-leier Jacob Zuma het Dinsdag die regering se besluit om die Dalai Lama ‘n visum te weier vir ‘n besoek in Maart, gesteun.
Hy het gesê die regering moes verskeie sake opweeg teen mekaar, het hy by ‘n besigheidsontbyt in Johannesburg gesê.
“Daar is verhoudinge tussen lande wat spesifieke protokol vereis en sekere dinge moet gerespekteer word in een of ander vorm,” het hy gesê.
Hy het gesê Suid-Afrika was nie die enigste land wat geweier het dat die Dalai Lama in Maart besoek aflê nie.

Lucky Dube aangeklaagdes probeer ontsnap
Twee mans wat daarvan aangekla word dat hulle Lucky Dube vermoor het, het Dinsdagoggend uit die vangwa wat hulle na die Johannesburgse Hooggeregshof vervoer het, probeer ontsnap. Hulle is egter deur polisiemans wat buite die hof gestaan het gesien en weer in hegtenis geneem. Hulle is vir behandeling hospitaal toe geneem omdat hulle beserings tydens hul arrestasie opgedoen het.
‘n Derde beskuldigde het alleen in die beskuldigde bank gestaan en wag vir verdere verwikkelings.

Prinsloo-eise sal geïgnoreer word
Die nasionale vervolgingsgesag sal nie aandag skenk aan die eise wat die voormalige advokaat Dirk Prinsloo gestel het nie.
Die NVG het gereageer op ‘n e-pos wat glo deur Prinsloo gestuur is. Hy was die minnaar van Cezanne Visser, wat as advokaat Barbie bekend staan. Prinsloo het glo gesê dat as gehoor gegee word aan sy eise, sal hy dit oorweeg om na Suid-Afrika terug te keer om in die Pretoriase Hooggeregshof tereg te staan op aanklagte wat onder meer verkragting, onsedelike aanranding en die besit en vervaardiging van kinderpornografie insluit.

Polisie neem man met basoeka in hegtenis
Die polisie in Lyttleton het met verbasing gereageer toe hulle ‘n man, wat ‘n antitenkvuurpyl, beter bekend as ‘n basoeka, rondgeswaai het, in hegtenis geneem het nadat hy gedreig het om sy verloofde te skiet.
Die inwoner van Centurion, 27, en sy vriendin het buite ‘n kroeg in ‘n hewige woordewisseling betrokke geraak en uit woede het die man die basoeka uit sy motor se kattebak gepluk.

Taximagnaat word ondersoek
Die sakebedrywighede van die taximagnaat en die baasbrein van verlede week se staking, Ralph Jones, word ondersoek ná bewerings van korrupsie.
Hy word blykbaar daarvan verdink dat hy sy sakebedrywighede soos ‘n Mafiabaas bedryf deur bestuurders te intimideer en polisie ondersoeke te beïnvloed. Hy het glo vervalste taxi rybewyse aan meer as 100 bestuurders voorsien, wat gelei het tot onluste op sekere roetes. Johannesburg se middestad is verlede week deur taxi protes tot stilstand gedwing.

Rugbyspeler in gyselaarsdrama
‘n Belowende rugbyspeler van Durban staar verskeie aanklagte, waaronder poging tot moord, die onwettige besit van ‘n vuurwapen en verset teen arres in die gesig ná ‘n uitgerekte gyselaarsdrama in Stamford Hill, Durban.
Die man, 23, het ‘n paar ander rugbyspelers blykbaar ná ‘n motorongeluk met ‘n vuurwapen gedreig. Hulle woon almal saam in ‘n woning waar rugbyspelers van verskeie klubs en akademies gehuisves word. Die hulp van die polisie is ingeroep en nadat ‘ n polisietaakmag die huis bestorm het, is die man in hegtenis geneem.

Monday, 30 March 2009
'Provinsie betaal buitensporige huur'
Die DA se Wes-Kaaplandse woordvoerder oor openbare werke, Robin Carlisle, sê hulle het getuienis oopgevlek wat daarop dui dat die provinsie geboue teen buitensporige hoë pryse huur. Die pryse is glad nie markverwant nie.
Carlisle sê drie van die geboue is onlangs verkoop en behoort almal aan dieselfde verkopers. “Die direkteure van die maatskappye is almal dieselfde en hul verskeie maatskappye het almal dieselfde geregistreerde adres.”

Vervolgingsgesag wil appelleer oor Selebi
Die nasionale vervolgingsgesag het dokumente by die Appèlhof ingedien om aansoek te doen om verlof tot appèl teen ‘n vroeëre bevinding om alle dokumente rakende die geskorste polisiekommissaris Jackie Selebi te oorhandig.
Regter Lex Mpati van die Appèlhof sal waarskynlik binne die volgende paar dae sy besluit bekend maak. Die Hooggeregshof in Johannesburg het vroeër vanjaar ‘n versoek van die NVG van die hand gewys dat hulle nie dokumente aan Selebi se regspan wou oorhandig nie. Die NVG het nou die Appèlhof direk genader vir verlof tot appèl.

DA vra vir openbare verhore
Die DA het gevra dat die verhore van die Regterlike Dienskommissie teen regter John Hlophe in die openbaar gehou moet word.
DA woordvoerder Len Joubert sê dit is meer as teleurstellend dat nadat daar in die eerste plek gesê is dat dit in die openbare belang is om besware teen regter Hlophe aan te hoor, die dienskommissie nou sê die verhore moet agter geslote deure plaasvind. Die DA, soos die Feedom of Expression Institute, het die dienskomissiie vir hul redes gevra. Regter Hlophe wou na bewering ‘n paar regters van die Grondwethof beïnvloed rakende ANC leier Jacob Zuma.

Man lê meer as 11 ure langs pad
‘n Kwazulu-Natal polisiewoordvoerder Thulani Zwane het enigeen met inligting oor ‘n tref-en-trap ongeluk op die N2 naby die Pavilion versoek om hulle te kontak.
‘n Inwoner van Durban, Sipho Ngcobo, 23, het meer as elf ure langs die pad met sy been in drie plekke gebreek gelê terwyl hy tevergeefs om hulp geskreeu het. Hy is getref terwyl hy op die N2 gestap het. ‘n Inwoner van Chesterville het hom later hoor skreeu en hulp ontbied.

Tlali: Wag geduldig vir Zuma uitslag
Die woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, Tlali Tlali, het Suid-Afrikaners versoek om geduldig te wees ná hernieude bespiegelings dat die klagtes teen ANC leier Jacob Zuma laat vaar gaan word.
Toe hy gevra is vir verdure besonderhede oor die vergadering van regsverteenwoordigers, het Tlali gesê sulke inligting is nie belangrik nie. “Wat wel belangrik is, is die besluit en dit sal so gou moontlik bekend gemaak word.”

Regslui vergader oor Zuma-saak
Die ANC-leier, Jacob Zuma, en die ANC prokureurs het ‘n konstitisionele hof sperdatum gemis, wat aanleiding gee tot gerugte dat hulle verwag het dat alle aanklagtes teen Zuma laat vaar sou word.
Die Star koerant het vasgestel dat Zuma se regsverteenwoordigers gevra het dat die 27 Maart sperdatum vir dokumente waarin hulle argumenteer hoekom Zuma se korrupsiesaak ongeldig verklaar behoort te word, geskuif moet word na 31 Maart.
Zuma se aanklaers ontmoet Maandag die nasionale vervolgingsgesag in Pretoria waar ‘n besluit na verwagting geneem sal word oor of die die saak teen Zuma moet voortgaan.

Kinderverkragter kry geen tronkstraf
‘n Veroordeelde kinderverkragter het ‘n opgeskorte vonnis gekry, asook korrektiewe toesig, gemeenskapsdiens en moet R15 000 aan sy slagoffer betaal, maar het geen tronkstraf om uit te dien nie.
Magistraat Petro de Villiers het gesê sy het heelwat faktore in ag geneem toe sy besluit het om nie die minimum tronkstraf op te lê nie. Die loodgieter Wayne McBean, wat ‘n tienjarige meisie twee jaar lank verkrag het, het glo ‘n sesjarige seun om te versorg.
Sy slagoffer het ‘n senuweeineenstorting gehad maar die magistraat het gesê dat sou McBean tronk toe gaan, dit nie die skade ongedaan sou maak nie.

Skandaal ruk Oprah-skool
Die Oprah Winfrey Leadership Academy School for Girls is deur ‘n nuwe skandaal geruk.
Sewe meisies is die afgelope week geskors weens beweerde seksuele intimidasie en onsedelike aanranding. Van die leerlinge het glo liefdesverhoudinge gehad en ander is aangemoedig of geïntimideer om verhoudings te hê.
Oprah se woordvoerder, Lisa Halliday, het gesê die meisies het die skool se gedragskode oortree en dat die saak as vertroulik beskou word.

Motlanthe in Swaziland
SAOG-voorsitter en Suid-Afrika se president, Kgalema Motlanthe, het vroeg Sondagaand in Mbabane, Swaziland aangekom voor ‘n beraad, het die departement van buitelandse sake gesê.
Departementele woordvoerder Ronnie Mamoepa het gesê die SAOG-staatshoofde en regeringsberaad gaan Maandag in Ezulwini plaasvind.
Motlanthe gaan die beraad lei ten opsigte van die ekonomiese herstel van Zimbabwe, sowel as die politieke en sekuriteitsituasie in Madagaskar.
Verdere lede van die Suider-Afrikadelegasie is minister van buitelandse sake Nkosazana Dlamini-Zuma, adjunkminister van verdediging, Fezile Bhengu, adjunkminister van finansies Nhlanhla Nene en senior regeringsamptenare.

Zuma: Los my uit
Die ANC-leier Jacob Zuma het Sondag teruggeslaan na opposisiepartye wat hom wil laat vervolg.
Zuma het by ‘n ANC saamtrek in Rustenburg gesê dat hoewel opposisiepartye vinnig was om te sê dat hulle die gereg respekteer, hulle baie gou gekla het as iemand sy grondwetlike regte uitoefen.
Hy sê sommige opposisiepartye fokus daarop om argumente te lewer aan die vervolgingsgesag oor hoekom hy vervolg behoort te word, eerder as aan hulle verkiesingsveldtogte te dink.

Saturday, 28 March 2009
Tweede haai aanval by Port St Johns
Dit was “30 minute wat ons lewens vir ewig verander het”, het branderplankryers by Second Beach, Port St Johns, gesê nadat die 16-jarige Luyolo Mangele verlede week hier in ‘n haai aanval dood is.
Teen 16h00 op die dag van die haai aanval, was slegs vier van die groep van 16 branderplankryers nog in die water. Die groep het vir ongeveer twee ure branders gery.
Enkele oomblikke nadat hulle besluit het om terug te keer strand toe, het iemand geskree “haai haai!”.
Mangele is twee keer in die been gebyt. Hy is kort daarna op die strand dood. Dit was die tweede haaiaanval hierdie jaar by hierdie strand. ‘n Lewensredder, Sikhanyiso Bangilizwe, is in Januarie deur ‘n 2,5 m Zambezi haai doodgebyt.

80-jarige vrou doodgeskiet
‘n 80-jarige vrou is Vrydag in haar huis in Mvumelwana naby Qumbu in die Oos-Kaap doodgeskiet.
Om 21h00 die aand het drie gemaskerde mans haar huis se deur afgeskop en die vrou voor haar kleinkinders doodgeskiet.
Hulle het gevlug sonder om enigiets te steel. Daar word na bewering vermoed dat die vrou verdink is van heksery.

Buthelezi bekommerd oor toenemende korrupsie
Die president van die Inkatha Vryheidsparty, Mangosuthu Buthelezi, het Saterdag gesê Suid-Afrika se ondergang word bewerkstellig deur die toenemende korrupsie in die land.
“Korrupsie is besig om die morele en ekonomiese weefsel van ons land aan te tas. Die tentakels daarvan dring elke deel van ons ekonomie en samelewing binne, en dreig om dit totaal te versmoor,” het Buthelezi gesê.
Buthelezi, wat op ‘n verkiesingsveldtog in Ladysmith, KwaZulu-Natal was, het gesê drastiese nuwe stappe sal geneem moet word om hierdie krisis te hanteer.

Tutu kritiseer ANC, Manuel na Dalai Lama insident
Die voormalige Aardsbiskop Desmond Tutu het teen die minister van finansies, Trevor Manuel en die ANC regering uitgevaar en die wyse waarop hulle die Dalai Lama-insident hanteer het, gekritiseer.
Hy het ook ‘n boodskap van die Dalai Lama oorgedra. Die Dalai Lama het sy teleurstelling uitgespreek oor Suid-Afrika se besluit om te verhoed dat hy die land besoek.
Volgens die Dalai Lama was die regering se besluit “nog ‘n manifestasie van een van die fundamentele uitdagings vir en struikelblokke van wêreldvrede: ‘n gebrek aan begrip en wedersydse respek”.
“Ek glo religieuse, sosiale en politieke leiers dwarsoor die wêreld het die verantwoordelikheid om te verseker dat beginsels van medemenslikheid triomfeer oor die obsessie met geld en mag,” het die Dalai Lama geskryf.

Malema besoek Orania
Julius Malema, die president van die ANC Jeugliga, ‘n afvaardiging van die ANC en die Vryheidsfront Plus het Saterdag in Orania in die Noord-Kaap, vergader.
Malema het die wit Afrikaner dorp besoek as deel van die ANC se verkiesingsveldtog in die Noord-Kaap.
Malema het vir Frans de Klerk, die uitvoerende hoof van die Orania beweging, gesê dat die ANC afvaardiging graag die dorp wil besoek om die “omgewing en kultuur beter te verstaan”.

Earth Hour: 28 Maart, 20:30 tot 21:30
Vanaand, 28 Maart, vier Suid-Afrikaners Earth Hour saam met die res van die wêreld. Tussen 20:30 en 21:30 gaan miljoene mense hulle ligte afskakel om hulle stem te laat hoor teen klimaatsverandering.
Earth Hour word landwyd deur munisipaliteite en individue gesteun. Beroemdes soos Ryk Neethling, Freshlyground, The Parlotones, Marc Lottering en die Moroka Swallows-sokkerspan gaan ook hulle ligte afskakel.
Jy kan ook jou stem vir die aarde uitbring by www.earthhour.org.za.

Leeus keer stroper in boom vas
’n Stroper van kleinwild het Donderdagnag twee angsbevange ure in ’n boom deurgebring om weg te kom van twee leeus in die Munyawana Wildtuin in die noorde van KwaZulu-Natal.
Sy ses jaghonde is almal deur die leeus verskeur en hy het ’n krapmerk aan sy bobeen opgedoen.
Polisiewoordvoerder kaptein Jabulani Mdletshe sê die man was een van ’n groep van vier stropers wat onwettig kleinwild gejag het. Oppad huis toe is hulle deur twee leeus aangeval.
Drie het weggekom, maar een is in die boom vasgekeer. Hy het weggekom toe die leeus agter ’n hiëna aan is.

Is Zuma-sage verby?
Dit lyk asof die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gereed staan om Jacob Zuma se aansprake op politieke sameswering te bevestig. Die NVG gaan waarskynlik volgende week aankondig dat aanklagte teen die ANC-president teruggetrek gaan word.
Die NVG kan verplig word om bewyse wat die land gaan skud, openbaar te maak. Dié bewyse dui op sogenaamde inmenging in en sameswering met senior NVG-beamptes oor die jare.
Alhoewel die NVG glo dat Zuma wel vir korrupsie verantwoording moet doen, het die bewyse van ’n politieke sameswering die kanse op suksesvolle vervolging belemmer.

Polisie soek MXit-pes
’n Ma van Durban gaan regstappe doen teen ’n man wat haar dogter prober omkoop het vir naakfoto’s van haarself.
Sarah Govender sê sy het onraad vermoed toe die huistelefoon snags tussen 01:00 en 02:00 begin lui. ’n Man wou met haar 15-jarige dogter praat.
Sy het hom by ’n MXit-kletskamer vir mense oor 30 ontmoet omdat sy “nuuskierig was”. Hy het vir haar R110 se lugtyd gekoop en R300 s’n belowe as sy vir hom sexy foto’s van haarself in kantonderklere sou stuur. Hy sou dit verdubbel vir naakfoto’s. Toe sy dit nie doen nie, het hy haar begin dreig.

Vermoorde man op winkelstoep gevind
’n Man in sy middeldertigs is Vrydag omstreeks 06:35 dood aangetref op die stoep van ’n supermark in die Umzimkhulu-gebied in KwaZulu-Natal.
Twee verpleegkundestudente het op hom afgekom, sê supt. Vincent Pandarum.
Hulle het eers gedink hy slaap, maar toe hulle hom probeer wakker maak, het hulle besef hy is dood. Daar is later ontdek dat die man aangerand en beseer was.
Enigeen met inligting wat met die moordondersoek kan help, kan die Umzimkhulu-polisie by 039-259-0303 skakel.

Friday, 27 March 2009
‘Zumatello’-grapjas nog op vrye voet
Die grapmaker wat 'n plakkaat van ANC-president Jacob Zuma "ontsier" en op ’n voetgangerbrug oor die M4 naby Virginia-lughawe in Durban geplaas het, sal beboet word of tronkstraf kry as hy of sy gevang word, het die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) Donderdag gesê.
Dit is ’n misdaad om verkiesingsplakkate te ontsier.
Iemand het ’n rooi masker op die plakkaat aangebring en die woord “Zumatello" langs Zuma se gesig geskryf. Dit is ’n verwysing na die Teenage Mutant Ninja Turtles-tekenprente.
Die ANC het die KZN-polisie gevra om ondersoek in te stel, maar niemand is nog vasgetrek nie.

Boesak: Ons moes nooit die ANC vertrou het nie
Suid-Afrikaners moes nooit die ANC vertrou het met “ons opofferings, drome, hoop en die toekoms van ons kinders nie”, het Allan Boesak, Cope se premierskandidaat vir die Wes-Kaap, Donderdagaand gesê.
Hy het sowat 1 000 mense, meestal vroue, in die Johnson Ngwevela-saal in Langa toegespreek. Hulle was byeen om vir vrede tydens die verkiesing op 22 April te bid.
Die byeenkoms is ook bygewoon deur die voormalige adjunkpresident, Phumzile Mlambo Ngcuka, en LP’s van regoor die land.

Arthur Brown se 'luukse lewe'
Arthur Brown, die voormalige baas van Fidentia-batebestuursmaatskappy, bly saam met sy nuwe meisie, Annelizé van den Bergh, in 'n luukse huis op die Atlantic Beach-gholflandgoed in Melkbosstrand. Hulle ry ook rond met ’n swart Mercedes-Benz SL63 AMG, wat ongeveer R2 miljoen kos.
Volgens aktekantoorrekords behoort die huis aan die omstrede sakeman Brett Jolly se maatskappy, Brett Jolly Consulting. Jolly het in die verlede daarop aanspraak gemaak dat hy die grootste diamant ter wêreld ontdek het.
Die motor is ook in die naam van Brett Jolly Consulting geregistreer.

Malema: Zille lyk soos apartheidspioen
Julius Malema, die uitgesproke president van die ANC Jeugliga, het Vrydag in Durban gesê Helen Zille, die leier van die DA, lyk nie net soos ’n apartheidspioen nie, haar danspassies wys ook sy mis apartheid.
Malema het UDM-leier Bantu Holomisa as ’n "apartheidsgeneraal" beskryf wat uit die ANC geskop is omdat hy nie weet hoe om vir die kollektiewe belang te werk nie.
Hy het die Mangosuthu Buthelezi se IVP as ’n “kultuurorganisasie” beskryf gelykstaande aan ’n straatkomitee.
Malema het gesê as ’n aktivis kan hy dinge sê wat Jacob Zuma as politikus nie kan sê nie.

Studente betoog teen departement se besluit
’n Polisieman is beseer en drie studente gearresteer tydens protesaksie in Mquanduli, het die Oos-Kaapse polisie Donderdag gesê.
Superintendent Mzukisi Fatyela sê studente het Woensdagoggend by die Dalibaso Senior Sekondêre Skool betoog oor die departement se besluit om sommige van hulle terug te sit na die vorige graad.
Die polisiekaptein het wonde aan sy kop opgedoen en is hospitaal toe geneem. Sy polisievoertuig is ook beskadig.

Vreemde voorval by Pta skool
Tot 25 leerlinge by ‘n hoërskool in Pretoria is Donderdag vir histerie behandel, het paramedici gesê.
“Dit kom voor dat verskeie pasiënte gehiperventileer het en sommige het selfs aanvalle gehad,” het Nick Dolman, woordvoerder van Netcare 911 gesê.
Die 20 tot 25 leerlinge tussen 14 en 15 jaar oud was meestal meisies. ‘n Aantal toetse het hulle “medies stabiel” bevind.” Dwelmtoetse was negatief.

Sekuriteitswag red toeris
Twee mans is in Johannesburg gearresteer nadat ‘n Franse toeris beroof is, het die Gautengse polisie Vrydag gesê.
Kaptein John Maluleke het gesê die twee mans is gearresteer nadat een van hulle na bewering die 61-jarige man vasgehou het terwyl die ander een hom deursoek het.
Hulle het ‘n onbekende hoeveelheid geld gesteel asook ‘n selfoon ter waarde van R12 000. Hulle het ook die toeris gedwing om geld te trek van ‘n kitsbank.
‘n Sekuriteitswag by die bank het die man gehelp en twee mans gearresteer.

Gauteng paartjie beleef nagmerrie
Dis die soort aanval wat elke Gautenger vrees – om beroof, gekaap en verkrag te word.
Dit is wat met ‘n Wadeville paartjie gebeur het. Hulle is agter in hul motor gedruk, na ‘n oop veld in Ivory Park geneem, waar die vrou deur vier mans om die beurt verkrag is terwyl haar vriend van 10m weg moes toekyk.
Hulle is beroof van juweliersware, beursies en selfone en die mans het met hul motor, ‘n splinternuwe BMW, gevlug. Die polisie ondersoek die saak.

Mbeki reageer op bewerings
Oudpresident Thabo Mbeki het Donderdag reageer op bewerings dat Jacob Zuma hom beskuldig het van ‘n politieke sameswering en ‘n onreëlmatige betrokkenheid in die wapentransaksie deur aanklaers te probeer oortuig om die korrupsiesaak teen hom te laat vaar.
Mbeki se kantoor het ‘n verklaring uitgereik na berigte Donderdag dat telefoongesprekke op band opgeneem is tussen Mbeki en die voormalige Skerpioene baas, Leonard McCarthy.
Mbeki se verklaring nooi enigeen uit met “sulke bewyse” om dit aan die owerhede te oorhandig sodat daar volgens wet opgetree kan word. Die verklaring sê verder dat Mbeki oor die jare “hierdie bewerings” ontken het en weer wil benadruk dat hy op geen stadium ingemeng het of gedink het aan inmenging in Zuma se hofsaak nie.

Manuel bevraagteken Dalai Lama
Die minister van finansies, Trevor Manuel, het Donderdagaand gevra of daar nie 'n politieke motief steek agter die Dalai Lama se plan om na Suid-Afrika te kom nie.
Die minister het gepraat by die Universiteit van Kaapstad tydens ‘n debat oor die besluit van die SA regering om die visum aan die Tibettaanse geestelike leier te weier.
Manuel het bevraagteken waarom die Dalai Lama na Suid-Afrika wou kom en het gesê die rede daarvoor is om ‘n politiese punt te maak en nie omdat hy die vredeskonferensie wou bywoon nie. Die vredeskonferensie is intussen uitgestel.

Thursday, 26 March 2009
Skoolseuns met dwelms gevang
Twee skoolseuns is gearresteer by ‘n Soshanguve hoërskool Donderdag nadat dwelms in hul besit gevind is.
Polisiewoordvoerder kaptain Solly Marindi het gesê een van die seuns het ander leerlinge en onderwysers geintimideer nadat hulle hom vang afkyk het. Die seun was veronderstel om met sy ouers skool toe te kom, maar het met ander seuns opgedaag.
Die polisie is ingeroep en toe hulle twee van die seuns deursoek het, het hulle twee vuurhoutjiedosies vol dagga gevind.

Zuma praat oor regstellende aksie
Die regering se beleid van regstellende aksie is nie bedoel om enige spesifieke groep te benadeel nie, het die ANC-leier, Jacob Zuma, Donderdag aan die vakbond Solidariteit gesê.
Die hoofdoel daarvan was om die ongelykhede van die verlede aan te spreek en om die “wonde van die verlede” te help genees.
Hy het die vakbond se kongres in Muldersdrif toegespreek. “Ons glo dat die ekonomie nie sal slaag op die langtermyn as die meeste mense werkers is en nie eienaars is van die produsering nie,” het Zuma gesê.

Kaapse magistraat geskors
‘n Kaapse magistraat, Theodora Oliphant, wat sedert April laas jaar nie in ‘n hof was nie, is deur die minister van justisie, Enver Surty, geskors.
Haar salaris word weerhou terwyl verdere besluite oor haar toekoms geneem word. Oliphant het sedert April glo geweier om terug te gaan werk toe na ‘n insident met ‘n aanklaer in die hof.
Oliphant het glo aangevoer dat sy aan depressie ly en vir ‘n ruk lank in ‘n psigiatriese hospitaal opgeneem is maar het nooit ‘n mediese sertifikaat daarvoor getoon nie.

Seun skiet 13-jarige dood
‘n Dertien-jarige Umtata meisie is doodgeskiet deur haar 18-jarige vriend wat toe selfmoord gepleeg het, het die Oos-Kaapse polisie Donderdag berig.
“Die motief was jaloesie. Die jong dame was besig om ‘n verhouding met ‘n ander seun te hê,” het superintendent Mzukisi Fatyela gesê.
“Nadat hy die 13-jarige meisie geskiet het, het hy homself doodgeskiet. Hy het haar in die kop en bors geskiet.”

Minister in ongeluk
Die minister van vervoer, Jeff Radebe en die radio omroeper John Robbie was betrokke in ‘n ongeluk in Sandton Donderdagoggend.
Radebe was op pad na ‘n nuuskonferensie toe die ongeluk gebeur het.
“Dit was klein, net ‘n skrapie, niemand is beseer nie,” het Radebe gesê.
“Ek het nie bestuur nie,” het hy vinnig bygevoeg.

Regering erken China is belangriker
Die Suid-Afrikaanse regering het erken hulle het besluit om nie ’n visum aan die Dalai Lama toe te staan om ’n vredeskonferensie saam met ander Nobelpryswenners by te woon nie omdat hulle nie die verhouding met China wil vertroebel nie.
Die kabinet sê alhoewel hulle nie spesifiek in opdrag van Beijing opgetree het nie, hulle nie bereid is om die land ’n politieke platform voor die 2010 Wêreldbeker te maak nie.
Die fokus van die vredeskonferensie sou wees hoe om sokker te gebruik om rassisme te beveg in die aanloop tot die 2010 Wêreldbeker.

Nuwe tydskrif vir denkendes op die rak
The Thinker, ’n nuwe maandelikse tydskrif, is Woensdag in Midrand deur Essop Pahad, voormalige minister in die presidensie, bekend gestel.
Die tydskrif met sy treffende glasvoorblad was Woensdag op die rakke. Dit doen verslag oor onderhoude wat Pahad met voormalige president Thabo Mbeki en die moontlik toekomstige president, Jacob Zuma, gevoer het.
Pahad het lesers ’n publikasie belowe “wat ’n lansie sal breek vir progressiewe verandering, maar buite die partypolitiek sal staan”.

Zuma se span het opnames van gesprekke
Die regspan van ANC-leier Jacob Zuma sê hulle het opnames van telefoongesprekke tussen voormalige president Thabo Mbeki en Leonard McCarthy, ’n voormalige hoof van die Skerpioene, wat in Desember 2007, net voor en na die Polokwane-kongres, plaasgevind het.
Die voormalige hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, Bulelani Ngcuka, het bevestig dat hy hiervan in kennis gestel is.
Die inhoud van die opnames is nie bekend nie, maar enige gesprek tussen Mbeki en McCarthy kan weer vrae laat ontstaan dat daar in die Zuma-saak ingemeng is.

Kritiek teen Hogan oor teenstand
Die minister van gesondheid, Barbara Hogan, staar dalk dissiplinêre stappe in die gesig oor haar “openlike teenstand” van president Kgalema Motlanthe se besluit om nie ’n visum aan die Dalai Lama toe te staan om ’n vredeskonferensie in Suid-Afrika by te woon nie.
Die regering het haar gekritiseer vir haar openlike kritiek van sy amptelike standpunt.
Hogan, wat net ses maande gelede aangestel is, wou nie kommentaar lewer toe The Star haar vra of sy haar standpunt handhaaf en of sy gaan bedank nie.

Cholera in Jukskeirivier gevind
’n Onafhanklike watermonster uit die Jukskeirivier het die teenwoordigheid van cholera onthul, maar die departement van waterwese moet dié bevinding nog bevestig.
Paul Fairall, ’n omgewingskonsultant en voorsitter van die bestuursforum vir die Jukskeirivieropvangsgebied, het verlede week die uitslae ontvang van twee monsters wat uit die rivier geneem is.
Die monster wat in die Dewetshofgebied, onder Bezuidenhoutsvallei, geneem is, toon tekens van cholera. Die tweede monster wat by Marlboro geneem is, was skoon.

Wednesday, 25 March 2009
Vrou sterf na Tafelberg brand
‘n Vyf-en-twintig-jarige vrou is dood weens beserings wat sy opgedoen het in die brand op Tafelberg laas week, het die Tygerberg hospitaal Woensdag gesê.
Chantelle Stuurman is Dinsdagaand in die hospitaal oorlede. Sy het 40% brandwonde oor haar liggaam opgedoen toe sy en haar man deur die vlamme gevang is.
Haar man, Raymond Johnson, is oorlede die dag na die brand.

Qunta bedank by SABC
Die kontroversiële SABC raad se adjunkvoorsitter, Christine Qunta, het bedank.
Dit is Woensdag berig dat sy per brief bedank het vanuit al haar posisies binne die SABC.
Die bedanking is effektief vanaf 1 April. Geen redes is verstrek vir haar bedanking nie.

Polisiemanne 'nie veilig' in tronk
Twee van die vier polisiemanne wat daarvan aangekla word dat hulle dwelms verkoop het wat deur die polisie gekonfiskeer is, het in ‘n hof gepleit om op borgtog vrygelaat te word.
Hulle het gesê hul lewens is in gevaar sou hulle agter tralies bly. Kapteins Londro Mogosane en Victor Jwili het gesê dat gevaarlike misdadigers wat hulle in die tronk help sit het, sou hulle aanval.
Mogosane het deur sy regsverteenwoordiger gesê hy dink nie hy sal lank genoeg lewe om verhoor te word nie. Die saak is uitgestel tot Vrydag.

SA hou van 1 man, 1 vrou
'n Meningsopname wys dat meeste Suid-Afrikaners dit nie goedkeur as ‘n man meer as een vrou het nie.
‘n TNS markopname het gewys dat 74% van die 2000 mense wat ondervra is, gesê het hulle het ‘n probleem met veelwywery. Swart vrouens was veral ongelukkig daaroor, het die navorsers gesê.
Net 18% van die mense wat ondervra is het gesê dis reg met hulle, met swart mans wat die meeste ten gunste daarvan was onder al die groepe.

Aanvaller was glo van duiwel besete
Drie skoolkinders is drie jaar terug in ‘n park in Mamelodi vermoor omdat hulle aanvallers bang was dat hulle hul kon identifiseer.
Een van die mans het gesê dat hy tydens die voorval van ‘n duiwel besete was. Die mans, Ephraim Mkhali, 24 en Vusi Maphai, 35, het die Pretoria Hooggeregshof vertel dat hulle gedwing is om verklarings af te lê van voorvalle waarvan hulle niks weet nie. Hulle het onskuldig gepleit op verskeie aanklagte, waaronder verkragting en moord.

Malema gaan Orania besoek
Die ANC jeugligaleier, Julius Malema, gaan die naweek die koeksister gedenksteen in Orania besoek. Dis die eerste keer dat Malema dié ekskusiewe Afrikaner-gebied besoek.
Hy en sy afvaardiging gaan die toekoms van die jeug met die Vryheidsfront Plus bespreek. Die jeugliga sê dit is ‘n historiese besoek en verdere pogings om wit en swart te verenig.

Name van 'Shaik' dokters bekend gemaak
The Star berig dat die drie dokters wat saamgestem het dat Schabir Shaik terminaal siek is en op mediese parool vrygelaat kan word, is ‘n psigiater, ‘n voormalige verpleegster wat ‘n dokter geword het en ‘n kardioloog. Shaik is op 3 Maart vrygelaat nadat hy slegs 2½ jaar van sy 15 jaar tronkstraf vir bedrog voltooi het.
The Star berig dat Professor AE Gangat, Dr Ngenisile Mbanjwa en Dr Sajidah Khan die dokument geteken het.

Oproer by hof oor foto's
‘n Fotograaf van The Times, Daniel Born, het ‘n klag van aanranding gelê teen Allen Lephoko, die man van die Tswane burgemeester, Gwen Ramokgopa, wat hom na bewering by die Hatfield Gemeenskapshof aangerand het. Born wou foto’s neem van die egpaar se dogter, Lerato Lephoko, 18, wat op ‘n klag van aanranding en dwelmbesit verskyn het.
Sy en vyf ander leerlinge van die Pro Arte Alphen Park Skool is verlede Vrydag in hegtenis geneem op ‘n klag van dwelmbesit. Hulle is almal op ‘n afwentelingsprogram geplaas.

ANC oorweeg ontplooiing van weermag in KZN
Die ANC in KwaZulu-Natal oorweeg dit om te vra dat die weermag ontplooi word ná ‘n reeks gewelddadige konfrontasies tussen dié party en die IFP. Dumisani Mshibe het ernstige hoofberesing opgedoen te hy en verskeie ander ANC lede in die eNhlalakahle woonbuurt in Greyton deur IFP aanhangers met pangas, spiese, knopkieries en vuurwapens aangeval is.
In nog ‘n voorval, dié keer in Ladysmith, is klasse by die Sahlumbe Hoërskool gestaak toe skoliere blykbaar deur IFP aanhangers gedwing is om hul klaskamers te verlaat.

Tuesday, 24 March 2009
Haai byt seun dood
‘n Sestien-jarige seun is dood nadat hy deur ‘n haai aangeval is in Port St Johns in die Oos-Kaap.
Luyolo Mangele was deel van ‘n branderplankry oefening toe die haai Vrydagmiddag toegeslaan het.
Hy is in die been gebyt en het dit reggekry om na die strand toe te swem waarna hy hospitaal toe gejaag is. Hy is later oorlede.

Motoris oortree spoedgrens 3x
‘n Kaapse motoris is die naweek vasgetrek nadat hy amper drie keer oor die spoedgrens gejaag het in ‘n 60km/h gebied, het die verkeerspolisie gesê.
Woordvoerder Merle Lourens het gesê die kamera het hom afgeneem terwyl hy 168km/h gery het in Vanguard Rylaan.
Die bestuurder sal nie die opsie gegee word van ‘n boete nie, maar sal hof toe moet gaan en waarskynlik ‘n klagte van roekelose of nalatige bestuur in die gesig staar.

Vier onderwysers vergiftig
Vier onderwysers het Maandag insekgif ingekry by ‘n laerskool in KwaZulu-Natal, en is na ‘n kliniek gehaas vir mediese behandeling, het paramedici gesê.
Netcare 911-woordvoerder Chris Botha het gesê een onderwyser is in ‘n kritieke toestand terwyl die ander drie se toestand ernstig is.
Die onderwysers het organofosfaat ingekry by die Mkobozi Laerskool in Esikhawini op die KZN noordkus nadat 'n man glo insekdoder gesprei het op die perseel en die mense die skool te vinnig weer betree is. Die skool is intussen ontruim. Geen kinders is geaffekteer nie.

Vredeskonferensie uitgestel
Die Johannesburgse vredeskonferensie wat vir hierdie Vrydag beplan was, is uitgestel nadat die Nobel Pryswenners en die Nobel Pryskomitee onttrek het as gevolg van die Suid-Afrikaanse regering se weiering van ‘n visum aan die Dalai Lama.
Ian Macfarlane van die Suid-Afrikaanse Vriende van Tibet het die besluit geloof as ‘n “oorwinning vir ubuntu en demokrasie in Suid-Afrika en wêreldwyd. Maar nou begin die regte werk.”
Hy’t gesê duisende Suid-Afrikaners en ander het 'n petisie onderteken om hul ontevredenheid met die regering te wys.

Cholera in Jukskeirivier
‘n Onafhanklike steekproef van water in die Jukskeirivier het gewys dat daar cholera teenwoordig is, maar die departement van waterwese moet dit nog bevestig.
Paul Fairall, ‘n omgewingskonsultant en die voorsitter van die Jukskeirivier opvanggebied bestuursforum het die uitslae van twee monsters laas week ontvang.
Fairall het gesê dit was die “gevolg van ‘n tragiese situasie waar mens duisende vlugtelinge het wat bly in die middel van Johannesburg.”

Gerwel: Minister het geweet
Die minister van openbare ondernemings, Brigitte Mabandla, was teenwoordig en het deelgeneem in beraadslagings oor die finansiële pakket wat die SAL uitvoerende hoof, Khaya Ngqula ontvang het toe hy bedank het. Dié stelling is gemaak deur die voorsittervan die SAL raad, Jakes Gerwel, toe hy voor die parlement se openbare ondernemingskomitee verskyn het. Die sogenaamde goue handdruk was glo sowat R8 miljoen.
‘n Regeringswoordvoerder, Themba Maseko, het vroeër benadruk dat die kabinet niks van die ooreenkoms weet nie.

Eienaar in huis doodgeskiet
‘n Pretoria sakeman, John Cooper, 48, is in sy slaapkamer doodgeskiet nadat gewapende rowers hom en sy vrou in hul huis in Proclamation Hill aangeval het.
Cooper was die eienaar van Westend sleepwaens en het van sy huis af gewerk. Cooper se vrou word in die hospitaal behandel en hul rottweiler, wat deur die bendelede vergiftig is, word ook behandel.

Top polisiemans in hegtenis
Een van die top polisiemans wie se ondersoek gelei het tot die inhegtenisneming van ‘n internasionale dwelmbaas is nou self in hegtenis geneem in verband met beweerde dwelmhandel.
Die senior superintendent in Wesrand, Dumisani Jwara en twee van sy kapteins is Maandag in hegtenis geneem ná ‘n ondersoek wat twee jaar gelede begin het. Hulle het vermoedelik dwelms onderweg na forensiese laboratoriums onderskep en dit glo verkoop.

Heksery het glo swangerskap tot gevolg
‘n Maatskaplike werkster, Nanjen Hendricks, het Bellvillese handelshof ingelig dat ‘n bankwerknemer, Fadia Poole R1.4 miljoen verduister het in ‘n desperate poging om swanger te word. Poole staan tereg op 13 aanklagte van bedrog.
Poole het glo vir Hendricks gesê dat ‘n buurvrou wat heksery bedryf haar vertel het dat ‘n bose gees daarvoor verantwoordelik was dat sy nie kon swanger word nie. Nadat sy die vrou betaal het, het sy swanger geword.

Gevangenes met mes doodgesteek
Amptenare van korrektiewe dienste gaan samesprekings voer om sekuriteitmaatreëls by Durbanse Westville gevangenis te verskerp nadat een van die gevangenes met ‘n mes, wat iemand die tronk ingesmokkel het, doodgesteek is.
‘n Woordvoerder sê daar word vermoed dat die aanval op die gevangenes bende-verwant is. Nog ‘n gevangene het beserings vrygespring.

Monday, 23 March 2009
De Klerk onttrek van vredeskonferensie
Voormalige president FW de Klerk het Maandag onttrek van die 2010 Wêreldbeker-vredeskonferensie in Johannesburg vandeesweek weens die regering se weiering van ‘n visum aan die Dalai Lama.
De Klerk se stigting het gesê hy voel verplig om die uitnodiging gestand te doen wat hy en voormalige president Nelson Mandela en emeritus aartsbiskop Desmond Tutu gerig het aan die Tibetaanse geestelike leier laas November.
Die besluit om die visum te weier het ‘n bespotting van die konferensie gemaak, wat onder meer was, om Suid-Afrika se oorgang na demokrasie te vier, het die stigting gesê.
Daar word gemeen dat die SA regering se besluit moontlik weens druk van die Chinese regering kon gewees het.

Toeris val na haar dood
‘n Nederlandse toeris is dood nadat sy 20m ver geval het van ‘n voetslaanpad op Tafelberg Sondag.
Die toeris en ‘n vriendin was op pad af nadat hulle die kruin bereik het toe sy gegly het, het Kevin Tromp van die reddingsdienste gesê.
Hul name kon nog nie bekend gemaak word nie. Die vrou is op die toneel dood en haar vriendin was glo “ongelooflik getraumatiseerd”.

SA 'nie onder druk van China'
Suid-Afrika se president, Kgalema Motlanthe, het gesê dat Tibet se geestelike leier, die Dalai Lama, nie ‘n visum gekry het om die land te besoek nie omdat die land nie die aandag van die 2010 Sokker Wêreldbeker wil aftrek nie.
Die Dalai Lama is uitgenooi na ‘n perskonferensie in Johannesburg dié week deur voormalige Nobel Vredespryswenners, Nelson Mandela, FW de Klerk en Desmond Tutu.
‘n Regeringswoordvoerder het gesê China het geen druk op die SA regering gesit om die visum te weier aan die Dalai Lama nie. Die rede was glo bloot dat dit nie in die land se beste belang sou wees nie.

Ramaphosa gearresteer
Shanduka Groep uitvoerende voorsitter Cyril Ramaphosa is Saterdag gearresteer in Midrand nadat hy te vinnig gery het op pad terug van ‘n ANC vergadering.
Hy is Maandag deur ‘n hof beveel om ‘n R3000 boete te betaal, het sy persoonlike assistent gesê.
Ramaphosa is gearresteer en later op R500 borgtog vrygelaat. Hy het 162km/h gery.

Drie dood in bylaanval
‘n Twintig-jarige graad 10-leerling het Sondag drie mense doodgekap met ‘n byl en twaalf ander beseer in Mayflower naby Ermelo.
Een van die slagoffers was ‘n ses maande oue baba. Die man, wat vermoedelik geestelik versteurd is, het Vrydag al begin gewelddadig optree, waarna die polisie ingeroep is, maar die man het toe bedaar, het polisiewoordvoerder kaptein Sabelo Mlangeni Maandag gesê.
Hy het Sondag weer gewelddadig geraak en familielede het hom vasgebind, maar hy het hom losgewoel en sy eie familie asook vreemdelinge aangeval. Hy sal by die Weskoppies psigiatriese hospitaal ondersoek word.

Leerling kap mense met byl dood
‘n Twintigjarige graad 10 leerling gaan in die Mayflower distrikhof op drie aanklagte van moord en 12 van poging tot moord verskyn nadat hy glo wild en wakker omstanders met ‘n byl begin kap het. Die man het ‘n 70-jarige vrou, ‘n 16-jarige tiener en haar ses-maande oue babadogtertjie met die byl doodgekap tydens ‘n moordtog wat al blykbaar Vrydag begin het.
Die man gaan vir evaluering na die Weskoppies psigiatriese hospitaal toe gestuur word.

Koelboks met R1.5m is skoonveld
Die Gauteng polisie het enige aanspreeklikheid vir die verdwyning van ‘n koelboks met R1.5m ontken. Die koelboks is op 9 Maart deur ‘n konstruksiewerker oopgespit terwyl hy 'n gat in Edenvale gegrawe het.
Die geld is na bewering deur die Ekurhuleni metropolisie aan die polisie oorhandig, wat dit aan die Reserwebank gegee het. Polisiewoordvoerder Eugene Opperman sê hulle het bewyse wat hulle stellings staaf.

Probleme by lughawe oor brandgevaar
Die hoof van die brandweer by Kaapstadse lughawe, Brandon Wilson, sê Acsa, the Airports Company South Africa het voorgestel dat hy bedank omdat hy herhaaldelik gevra het dat brandweermans met ervaring aangestel word. Acsa het onlangs by ‘n media konferensie ontken dat Wilson bedank het weens veiligheidskwessies by die lughawe.
Wilson het Vrydag sy kantoor ontruim – ‘n week voor sy amptelike bedanking in werking tree.

Pa in rou soek antwoorde
‘n Pa wat in rou is ná die dood van sy babadogtertjie by ‘n crèche het nog steeds nie antwoorde nie.
Amith Ranklass het op 7 November verlede jaar sy twee dogters by die Building Bloks babasentrum en crèche in Sanridge Square, Midrand afgelaai. ‘n Paar uur later het hy hospitaal toe gejaag om te hoor die vier-maande oue dogtertjie is dood. Sy het blykbaar aan longontsteking omgekom.

Mbeki verduidelik redes
Die voormalige president, Thabo Mbeki, het in ‘n onderhoud gesê hy het uitgetree sonder om enigiets te sê om enige politieke konflik te vermy.
Hy het in die onderhoud met die tydskrif The Thinker gesê hy wou nie in konflik wees met die ANC se uitvoerende komitee nie, want dit kon moontlik almal in die land nadelig beïnvloed. Die tydskrif word die einde van die maand deur die voormalige minister in die Presidensie, Essop Pahad, van stapel gestuur.

Saturday, 21 March 2009
KFC-rowers op heterdaad betrap
Twee mans is in Meyerton, Vereeniging gearresteer nadat hulle ‘n KFC-tak beroof het.
Die twee mans, onderskeidelik 23 en 24 jaar oud, het die kitskos restaurant omstreeks 19h20 Vrydag binnegaan, hul vuurwapens op die personeel gerig en geld geëis.
Hulle die geld in die kasregisters geneem en na die agterkant van die restaurant geloop. Twee polisiebeamptes het egter kort daarna die restaurant binnegekom. Die twee mans is op die toneel gearresteer.

Winter se liggaam in see gegooi
Swaar gewigte is aan die liggaam van Kerry Winter gebind ten einde dit te laat afsak, en is daarna in die see van Dubai gegooi.
Aanklaers beweer dit is wat Winter se voormalige kêrel, Mark Arnold, gedoen het. Hy word daarvan aangekla dat hy haar moord beplan het.
Dubia ondersoekbeamptes beweer Arnold het aan hulle vertel dat hy Winter met ‘n houtkolf buite haar villa aangeval het nadat hulle ‘n argument gehad het. Hy het daarna haar liggaam na sy boot geneem, gewigte wat hy in Dubai gekoop het aan haar liggaam gebind, en haar in die see gegooi.

Lynne Brown vra verskoning
Die Wes-Kaapse Premier, Lynne Brown, het die familie van die oorlede Nyanga kleuter, Unabantu Mali, verskoning gevra.
Die kleuter is dood op sy ouma se rug nadat hy weggewys is by drie regeringsklinieke. Brown het die omstandighede as “grotesk” beskryf.
Brown het gesê dit is ‘n ongemaklike situasie wat moreel onaanvaarbaar is.
‘n Geskokte gesondheidswerker by Groote Schuur het gesê dit is ‘n skande dat die kleuter, wat opmerklik siek was, nie eens ondersoek is nie.

Hlophe junior in hof oor bedrog
Die Kaapse Regter-President, John Hlophe, se seun het Vrydag in die hof verskyn op aanklagte van bedrog.
Thuthuka Hlophe, 25, is Donderdag op vir vier klagtes van bedrog aangekeer, onder andere vir die uitskryf van tjeks ter waarde van R418, 000 wat deur die bank geweier is.
Landdros Vusi Mhlanga het Hlophe, ‘n student aan Unisa, gevra hoe hy beplan om borgtog te betaal, aangesien hy werkloos is.
“Ek ontvang ‘n maandelikse toelaag van R10 000,” het Hlophe junior die Kaapse Hooggeregshof ingelig.
Hy is vrygelaat op R5000 borgtog. Die saak is uitgestel tot 29 April.

Kebble se kunsversameling opgeveil
Die oorlede mynmagnaat Bret Kebble se private kunsversameling word binnekort opgeveil, en na verwagting sal dit die grootste veiling in sy soort wees in die geskiedenis van Suid-Afrika.
Na bewering kan die veiling soveel as R100 miljoen oplewer.
Hierdie geld sal waarskynlik Kebble se skuld moet betaal. Kebble skuld onder andere R183 miljoen weens belastingontduiking.

IVP-raadslid gearresteer
‘n IVP-raadslid is gearresteer in Nongoma in verband met die moord van die ANC-lid Thulani Khumalo, 44.
Khumalo is doodgeskiet in Nongoma vroeër in Maart.
Hezekiah “Fish” Ngwenya is borgtog geweier. Die ANC se KwaZulu-Natalse sekretaris, Senzo Mchunu, het ‘n beroep op IVP leiers gedoen om hul lede te dissiplineer en te keer dat meer bloed vloei in die provinsie.

Liggame teruggevlieg na VK
Die liggame van drie Britse tieners word teruggevlieg nadat die drie beste vriende vroeër die maand dood is in ‘n motorongeluk op die N1 naby Worcester.
Die tieners, Nicholas Thompson, 19, Edward Lowton, 18, en Oliver Mobsby, 18, was besig om ‘n jaar lank deur die wêreld te reis en het pas drie maande in Suid-Afrika deurgebring.
Hulle was glo onafskeidbaar. Hulle sou in September in York gaan studeer het.

Grusame verlede van politikus
Die Onafhanklike Demokrate het ‘n onaangename verrassing gehad Vrydag toe hulle agtergekom het, danksy ‘n plaaslike koerant, dat een van hul genomineerde parlementskandidate ‘n moordenaar is.
Sam Mohangi, 69, het meer as veertig jaar gelede sy meisie vermoor, opgekap in stukke en die liggaamsdele probeer opkook.
Hy is in Ierland, waar hy medisyne studeer het, verhoor en skuldig bevind en tronk toe gestuur, maar is na vier jaar vrygelaat. Hy het toe sy naam verander na Narentuk Jumuna.
Die OD het nou ‘n ondersoek gelas na die saak. Die party was glo onbewus van Mohangi se verlede.

Burgemeester se dogter gearresteer
Die dogter van die Tshwane uitvoerende burgemeester Dr Gwen Ramokgopa is gearresteer nadat sy in besit van dagga gevind is, asook vir aanranding nadat sy ‘n polisieman gebyt het.
Die 18-jarige Pro Arte-leerling was een van ses leerlinge wat gearresteer is deur die polisie toe hulle ‘n klopjag op die kunsteskool uitgevoer het.
‘n Geskokte Ramokgopa het polisie geloof vir hul optrede om dwelms uit skole te dryf en het gesê sy dink nie iets onbehoorliks gaan aan by haar huis nie.

Polisieman gevang in lokval
'n Polisieinspekteur sal na verwagting Donderdag in die hof verskyn het nadat hy omkoopgeld geëis het van twee vroue wat wou aansoek doen vir 'n dranklisensie.
Die 43-jarige man by die Kogisanongpolisiestasie in Mangaung het na bewering die twee ouerige dames wat 'n drankwinkel wil oopmaak vir geld gevra, het senior superintendent Motantsi Makhele in 'n verklaring gesê.
Die twee het by die provinsiale kommissaris gaan kla en 'n lokval is gestel vir die inspekteur. Hy is Woensdag gearresteer na hy na die huis van een van die twee gegaan het waar hy na bewering R1500 ontvang het.

Friday, 20 March 2009
Burgemeester se kind in hegtenis geneem
‘n Agtienjarige meisie, wat glo ‘n dogter is van ‘n Tshwane stadsraadslid, is in hegtenis geneem omdat sy dagga in haar besit gehad het en omdat sy ‘n polisieman by haar skool in Pretoria gebyt het.
Radio 702 se webtuiste het berig dat die leerling die dogter is van die burgemeester, Gwen Ramokgopa, maar ander bronne het dit nie bevestig nie.
‘n Polisiewoordvoerder sê ses leerlinge tussen die ouderdomme van 14 en 19 is in hegtenis geneem vir die besit van dagga en 10gram dagga is gekonfiskeer.

Nog dwelms by lughawe gekry
‘n Polisiewoordvoerder sê hulle het Vrydag nog ‘n groot dwelmbesending by die OR Tambo lughawe gevind. Die dwelms was in die vragafdeling.
Die polisie het Dinsdag dwelms ter waarde van R170m ook by die lughawe gekry.

Zille: Zuma saak beïnvloed beleggers
Die DA leier, Helen Zille, sê berigte dat die nasionale vervolgingsgesag dit oorweeg om klagtes teen die ANC president Jacob Zuma te laat vaar, is besig om beleggers se vertroue in Suid-Afrika te beïnvloed.
Zille sê dit is moeilik om nie tot die gevolgtrekking te kom dat as werknemers van die vervolgingsgesag nie die bedrog en korrupsie klagtes teen Zuma laat vaar nie, sal hulle nie hul werk behou as Zuma aan bewind kom nie.

Baba dood nadat ouma die deur gewys word
Die dood van ‘n baba nadat sy ouma tevergeefs by drie klinieke om hulp aangeklop het, het Kaapstadse inwoners geskok.
Ntombizodwa mali het haar eenjarige kleinseun, Unabantu, na die Nyanga kliniek, die Guguletu gesondheidsentrum en die guguletu verloskundige eenheid geneem, maar hulle het haar almal huis toe gestuur. Sy het die baba op haar rug ge-abba en hy is op pad huis toe dood. Sy kon nie die taxi bekostig nie.
Die provinsiale gesondheidsdiens het ‘n dringende ondersoek gelas.

Twee kandidate blykbaar oorlede
Die hoofverkiesingsbeampte het besware teen twee kandidate wat vir die verkiesing in aanmerking wou kom aanhangig gemaak, omdat hulle blykbaar beide oorlede is.
Die twee, wie se name op die provinsiale en nasionale lyste is, het die ID en die PAC verteenwoordig. Die onafhanklike verkiesingskomitee het ‘n totaal van 338 besware uit die lys van 9 425 kandidate ontvang.

Matriekleerling rand glo seun aan oor haarstyl
Die Gauteng onderwysdepartement het bevestig dat die skoolhoof van Parktown Boys’ High ‘n ondersoek gelas het nadat ‘n matriekseun blykbaar ‘n Graad 10 leerling aangerand het oor sy hare.
‘n Bron het gesê die matriekleerling het blykbaar uit die bloute besluit om ‘n ‘haarinspeksie’ te doen en die een kind geskop en aangerand. Van die leerlinge was verlede maand ook in die sop weens wanpraktyke gedurende ontgroeningsvoorvalle.

Malema: Ons is nie hier om te speel nie
Honderde studente van die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) het Donderdag die universiteit se saal volgepak om na die ANC Jeugliga se president, Julius Malema, te kom luister.
TUT-studente kies Maandag hulle studenteraad en Malema het die Soshanguve-kampus besoek om hulle aan te moedig om vir die ANC te stem.
Malema het al die leiers van opposisiepartye gekritiseer. Hy het gesê die Jeugliga is nie daar om te speel nie en “hulle moet luister”.

Man maak vol, jaag weg 'vir gesin'
Carlos Jardim Perreira-Luis, 39, het erken dat hy petrol gesteel het omdat hy geldelik in die knyp was. Hy is Donderdag met R1 500 in die Hatfield Gemeenskapshof beboet.
Hy is in Junie 2008 gearresteer nadat hy by drie vulstasies brandstof ingegooi en weggery het sonder om te betaal. Hy het ook ’n opgeskorte vonnis van 18 maande tronkstraf gekry.
Volgens hom het hy dit gedoen omdat hy en sy verloofde albei werkloos was en drie kinders moes versorg.

210 leerlinge se punte ‘verkeerd uitgewerk’
Meer as 200 graad 11 en 12 leerlinge by Mathew Goniwe Memorial High in Khayelitsha is deur die Wes-Kaapse departement van onderwys meegedeel dat hulle punte vir die 2008 jaar verkeerd uitgewerk is en dat hulle dalk teruggesit kan word na vorige grade.
Die departement het die skoolhoof geskors hangende 'n ondersoek oor verskille tussen punte wat aan die departement gegee is en dié wat in die skool se eie rekords aangeteken is.
Leerlinge moet nou wag vir die departement se distrikskurrikulumadviseurs om deur "elke eksamenvraestel en antwoordstel te werk”.

Onderwyser het leerling verkrag
'n Onderwyser by Indumo is gearresteer vir die beweerde verkragting van een van sy leerlinge, het KwaZulu-Natal se polisie Donderdag gesê.
Kaptein Jabulani Mdletshe het gesê die onderwyser is Woensdag op die skool se terrein in boeie weggeneem.
Die man het klaarblyklik op 8 Maart met die 17-jarige leerling van Indumo, in noordelike KwaZulu-Natal, gesels en haar gevra om saam met hom na sy vriendin se huis toe te gaan. Hy het haar toe na bewering daar verkrag.

Seël vir president Motlanthe
Die Suid-Afrikaanse Poskantoor (SAPK) het Donderdag ’n seël uitgereik met president Kgalema Motlanthe se gesig daarop.
SAKP-voorsitter, Vuyo Mahlati, sê die poskantoor het tot dusver elke president op dié manier erken. President Jim Fouché was die eerste een, in 1968.
President Motlanthe het gesê hy hoop hy sal ooit deur sy eie toedoen hierdie groot eer onwaardig wees nie.
Die poskantoor sal 100 000 velle van 10 seëls elk druk. Elke seël sal R2,05 kos.

Thursday, 19 March 2009
Regter: Almal was dronk
Die 45-jarige man wat beskuldig was daarvan dat hy die twee-jarige Sonja Brown vermoor het en toe haar liggaampie in ‘n riooltenk gestop het, het as ‘n vry man uit die Kaapse hooggeregshof gestap.
Booi Marthinus het gesê hy gaan eers ‘n werk soek en dan die Staat dagvaar vir skadevergoeding. Regter Basheer Waglay het gesê daar was nie genoeg getuienis teen Marthinus nie.
Dit het later in die hof uitgekom dat Sonja dalk vanself in die tenk kon geval het. Die regter het die getuies se weergawes verwerp en gesê dat byna al die volwassenes in die area op daardie dag onder die invloed van drank was.

Mandela-huis 'n museum
Die Gautengse Premier Paul Mashatile het formeel die nuut opgeknapte huis van Nelson Mandela by Vilakazistraat 8115 in Orlando-Wes, Soweto, Donderdag geopen.
Die voormalige familiehuis van Nelson Mandela en sy familie is tot nasionale erfenisgebeid verklaar in 1999.
Mandela se dogter Zinzi, het saam met haar suster Zenani, ‘n kort toespraak gelewer namens haar beroemde pa.

Prof wen hofaansoek
‘n Regsprofessor by die Universiteit van Florida is Donderdag toestemming gegee om die Kaapse regter-president, John Hlophe, te dagvaar vir naamskending.
Winston Nagan wil glo meer as R6 miljoen hê weens opmerkings wat Hlophe oor hom gemaak het in ‘n uitspraak in Maart 2007.
Voordat enigeen ‘n eis kan instel teen ‘n regter, moet hulle eers die toestemming van die hof verkry. Nagan se regsverteenwoordiger, Anwar Albertus, het gesê dat sy kliënt beledig is in sy professionele hoedanigheid.

Zuma-saak 'nie in SA belang'
Die ANC het dokumente aan die nasionale vervolgingsgesag voorgelê in verband met partyleier Jacob Zuma.
ANC-woordvoerder Lindiwe Sisulu het laat blyk dat die party gevra het dat die saak teen Zuma laat vaar moet word omdat dit nie in die land se belang is nie.
Die hoofargument is glo, dat indien die vervolgingsgesag vinnig met die saak gewerk het, dit al jare gelede klaar sou gewees het, in plaas van die uitgerekte huidige drama wat reeds R100 miljoen gekos het.
Maandag het ‘n storm losgebars toe die nuus uitgelek het dat die vervolgingsgesag oorweeg om die saak teen Zuma te laat vaar.

Polisie soek nog leidrade
Die polisie het nog niemand gearresteer nie nadat hulle Dinsdag ‘n dwelmdeurbraak van R170 miljoen gemaak het by OR Tambo Internasionale Lughawe.
Interpol-woordvoerder Tummi Golding het gesê polisie het geen nuwe leidrade nie.
Die dwelms, wat 565kg weeg, is in die lughawe gevind tydens ‘n roetine ondersoek van ‘n vlug van Pakistan af kort nadat dit Dinsdag geland het.
Golding het gesê ‘n ondersoek sal gehou word om vas te stel of bemanningslede betrokke was.

IFP: Polisie nou private weermag van ANC
Die KwaZulu-Natal polisie sê ‘n man is in die Nongoma gebied in hegtenis geneem nadat die ANC lid Thulani Khumalo op 5 Maart doodgeskiet is. Die man wat in hegtenis geneem is, is glo ‘n IFP raadslid.
Hy is die derde persoon wat in verband met die moord in hegtenis geneem is. Die IFP het erken dat een van hul raadslede in hegtenis geneem is, maar sê die polisie het die “private weermag van die ANC geword”.

Lyke langs karkasse in slaghuis
‘n Slagter van Bloemfontein, Andre Knipe, is ná ‘n waarskuwing vrygelaat nadat die lyke van mense in ‘n yskas langs die karkasse van diere gevind is. Knipe, 44, het voor landdros Andries Schoeman verskyn op klagtes dat hy gesondheidswette oortree het.
Die polisie het die lyke van drie mans in ‘n yskas in die Oranjesig slagtery gevind. Die lyke was blykbaar in ‘n yskas wat aan Jack’s Funerals behoort het en gelos is toe hulle na ‘n nuwe perseel getrek het. Die slagtery het in die ou perseel van die begrafnisonderneming ingetrek.

Man dood in Tafelberg brand
‘n Man is dood in die brand wat Dinsdag op die hange van Tafelberg uitgebreek het. Brandbestryders het Woensdag nog gespook om die brande te blus wat by die Rhodes-gedenkteken ontstaan het en later na Duiwelspiek versprei het. ‘n Woordvoerder sê die man het derdegraad brandwonde opgedoen en is in die Groote Schuur hospitaal oorlede. Hy was blykbaar werkloos en het in die bos geslaap.
Die brandbestryders is nog nie van die gebied onttrek nie. Alle inwoners is toegelaat om terug te keer huis toe nadat die vlamme wonings bedreig het.

ANC boos oor gerugte
Berigte dat die nasionale vervolgingsgesag moontlik klagtes teen ANC president Jacob Zuma kan terugtrek, het die party die harnas in gejaag.
‘n Lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, Lindiwe Sisulu, het gesê dit sal pogings van die party in die wiele ry om die korrupsie aanklagte op ‘n deursigtige manier aan te spreek en ook persepsies uit die weg ruim dat ‘n skikking agter geslote deure bereik is.
Die vervolgingsgesag het Woensdag koerantberigte ontken dat hulle gereed staan om alle klagte teen Zuma te laat vaar.

Kabinet vra verduideliking oor Ngqula
Die kabinet is ontstoke oor die nuus dat die SAL uitvoerende hoof Khaya Ngqula en die lugdiens se bestuur ‘n multi-miljoen rand ooreenkoms aangegaan het.
Die kabinet is ongelukkig dat Ngqula bedank het terwyl die bestuur ondersoek ingestel het oor bewerings van wanbestuur. Die kabinet het gevra dat die voorsitter van die bestuur, Professor Jakes Gerwel, dringend gevra moet word om die ooreenkoms te verduidelik.

Wednesday, 18 March 2009
Rowers skiet dokter dood
‘n Dokter van Chris Baragwanath hospitaal is doodgeskiet tydens ‘n gewapende rooftog by sy huis.
Dr Edward Mathebula was besig om saam met ‘n vriendin TV te kyk toe vier mans sy meenthuis binnegekom het, geld gevra het en toe vir Mathebula geskiet het toe hy om hulp geskree het.
Dr Mathebula is hospitaal toe geneem in ‘n ernstige toestand en is later daar oorlede.

Kaapstad se verkeer ontwrig
Verkeer in Kaapstad is ernstig ontwrig weens die brand wat in die Tafelberg Nasionale Park gewoed het Woensdag en verkeersbeamptes gedwing het om spitsverkeer na ander paaie te herlei.
Verkeer, veral van die suidelike voorstede, is erg getref heeldag aangesien inkomende en uitgaande lane op De Waal Rylaan toegemaak is. Tafelbergstraat by die kabelkarretjie is ook gesluit.
Verkeer sou vir die res van die dag ontwrig wees en ander paaie het noemenswaardig swaarder verkeer gehad.

Zuma: Neem reg in eie hande
Wetsgehoorsame burgers kan nie blameer word daarvoor as hulle die reg in eie hande neem nie, want misdadigers het te veel regte, het die ANC president Jacob Zuma, gesê.
Zuma het ANC ondersteuners toegespreek in Limpopo waar hy gesê het dat sommige regte van misdadigers behoort weggeneem te word om mense te beskerm wat in vrees leef vir misdaad.
“As burgers misdadigers in die hande kry moet hulle nie blameer word daarvoor as hulle die reg in eie hande neem nie. Hulle moet ondersteun word, want die polisie moet optree. Die polisie moet optree saam met gemeenskappe om van misdadigers ontslae te raak," het Zuma gesê.

Skietery in Johannesburg
‘n Taxibestuurder en twee ander mense is Dinsdagmiddag geskiet en gewond in Breëstraat in sentraal-Johannesburg, het polisie gesê.
Kaptein William Mpondo het gesê dit het gevolg na ‘n argument tussen twee taxibestuurders omtrent 13:00 die middag. Hy kon nie spesifiseer aan watter taxiverenigings die twee bestuurders behoort het nie.
“Een van die taxibestuurders het gedurende die argument weggeloop en paar oomblikke later terug gekom met ‘n vuurwapen en begin skiet. Hy het op die bestuurder geskiet met wie hy geargumenteer het en in die proses oor twee bystaanders, ‘n man en vrou getref. Die man is in die linkerarm getref,” het Mpondo gesê.

'Dooie' kom haal pensioengeld
Drie vroue het na bewering ‘n dooie man aan ‘n rolstoel vasgegespe om sy pensioengeld te gaan haal van die poskantoor, is Woensdag berig.
Die vroue het glo die rolstoel "geleen" by die poskantoor in Witbank, en die man aan sy middellyf en bene aan die rolstoel vasgmaak. Beamptes by die poskantoor wou nie die geld oorhandig nie aangesien dit duidelik was dat die man dood was, het ‘n bron gesê.
Die vroue het toe gesmeek dat hulle nie geld het om hom te begrawe nie en daarna het die toesighouer die lyk se duimafdruk geneem, dit op ‘n kwitansie gesit en vir die vroue R960 gegee.
Die saak word glo ondersoek.

Man in hegtenis ná hamermoord
Die KwaZulu-Natal polisie sê ‘n man is in hegtenis geneem in verband met die dood van ‘n sesjarige Pietermaritzburg seun.
‘n Woordvoerder sê Raelin Devnarain is blykbaar met ‘n hamer doodgeslaan nadat sy ma, Pradantha, 27, by hul Northdale huis geskiet en gesteek is. Sy is in ‘n kritieke toestand. Die polisie kon nie bevestig of die man wat in hegtenis geneem is die tuinier van die Devnarains was nie.

Groot dwelmvonds by lughawe
Wetstoepassers by die OR Tambo lughawe het beslag gelê op 565kg CAT, die chemikalie wat gebruik word tydens die vervaardiging van tik. Die besending, die grootste wat die afgelope vyf jaar by ‘n Suid-Afrikaanse lughawe gevind is, is sowat R170 miljoen werd en is op ‘n vlug van Pakistan na Johannesburg opgespoor.
Die owerhede wou nie verdere kommentaar lewer nie en wou nie bevestig of ‘n dwelmsindikaat betrokke is nie.

Thali: Zuma saak gaan voort
‘n Woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, Thali Thali sê daar steek geen waarheid in gerugte dat daar beplan word om die aanklagte teen die ANC president, Jacob Zuma, te laat vaar nie.
Thali sê: “Daardie besluit is nie geneem nie. Die hele aangeleentheid word nog bespreek.” Hy het die media toegespreek na berigte in beide The Star en Business Day wat bronne aanhaal wat sou lui dat die aangeleentheid nie verder gevoer gaan word nie.

Barbie hofsaak - tiener bid in kamer
‘n Tienderjarige van ‘n weeshuis wat deur advokate Cezanne Visser en Dirk Prinsloo genooi is om ‘n naweek by hulle te kuier, was só getraumatiseer toe sy toekyk hoe Visser sekere seksdade met Prinsloo uitgevoer het, dat sy na haar kamer gehardloop het om te bid.
Die meisie, 15, het agter geslote deure getuienis gelewer in die Pretoria Hooggeregshof in die verhoor van Visser, wat bekend staan as Advokaat Barbie. Die aanklaer, Andre Fourie, het gesê hy sal bewys dat Visser self party seksdade begin het, hoewel sy voet by stuk hou dat Prinsloo die voortou geneem het.

Brand in Kaapstad saai verwoesting
Vredehoek inwoners in Kaapstad het Woensdagoggend begin terugkeer huis toe ná ‘n verwoestende brand. Dit het Maandagaand naby die Rhodes-gedenkteken uitgebreek en gou versprei weens die sterk wind.
Die brand is ‘n kort rukkie gelede nog nie heeltemal geblus nie.

Tuesday, 17 March 2009
Herschelle se ma gearresteer
Barbara Gibbs, die ma van die Suid-Afrikaanse krieketspeler Herschelle Gibbs, het in die Athlone magistraatshof verskyn in verband met ‘n aanklag van roekelose en nalatige bestuur.
Saterdag rondom 21:00 het Gibbs na bewering haar Toyota Rav4 in ‘n ander motor vasgery in Ottery, Kaapstad.
Haar bloed is getoets en sy is gearresteer by die Lansdowne polisiestasie. Sy is op waarskuwing vrygelaat.

Regter Motata moet verduidelik
Die regter wat van dronkbestuur beskuldig word, John Motata, is Maandag in die hof gevra om te verduidelik waarom sy 2de stel prokureurs besluit het om van die saak te onttrek.
“Ek is nie in ‘n posisie om dit bekend te maak nie. Dit bly vertroulik,” het die Pretoriase hooggeregshofregter aan ‘n sigbaar vieserige landdros Desmond Nair gesê.
Motata het gesê hy het die reg om die span van sy keuse te soek. Hy’t om verskoning gevra en gesê hy wil nie die hof se tyd mors nie. Die saak is uitgestel na 24 April.

OVK beamptes 'partydig'
Opposisie partye in die Noord-Kaap gaan die Onafhanklike Verkiesingskomitee (OVK) vra om ongeveer 40 beamptes in die provinsie te verwyder omdat hulle glo die ANC steun.
Vier partye, die VF+, Cope, ACDP en die DA, het Maandag geweier om die OVK se gedragskode, wat partye en hul kandidate verbind daartoe om kiesers gerus te stel oor die komitee se neutraliteit, te teken.
Die vier partye sal ‘n lys oorhandig met die name van die beamptes wat hulle glo is die ANC goedgesind of omdat hulle ANC lede is of posisies beklee binne Cosatu en geaffilieerde unies.

Cwele op siekverlof
Die DA het gevra vir ‘n ondersoek en die onmiddelike skorsing van die vrou van die minister van inligting na gerugte dat sy verbind word met internasionale dwelmsmokkelary.
Sheryl Cwele, die direkteur van gesondheid by die Hibiscus-munisipaliteit, het Maandag aansoek gedoen vir siekteverlof en dit ook gekry.
Die skandaal het Sondag in die koerante bekend geword. Haar man het ontken dat sy vrou betrokke was by enige dwelmsmokkelary.
Cwele, ‘n voormalige verpleegster, word daarvan beskuldig dat sy bande het met Tessa Beetge wat in Brasilië gearresteer is in besit van 9kg kokaïn.

Hani word parool geweier
Die hooggeregshofbeslissing wat Clive Derby-Lewis se aansoek vir parool van die hand gewys het, is Dinsdag deur die ANC verwelkom.
Hani, 73, het 15 jaar van sy lewenslange vonnis uitgedien.
Derby-Lewis was een van die moordenaars van die ANC-sleutelfigure en SAKP-leier, Chris Hani, in 1993.
Die Hani-familie het ‘n verklaring uitgereik waarin hulle die beslissing verwelkom het en ook gesê het hulle voel gerusgestel daardeur.

‘Ek gaan nie die land verlaat nie’
Edri Myburgh, 26, sê Suid-Afrika is en bly haar tuiste. Die linkerkant van Myburgh se gesig is verlam nadat sy trompop in die gesig geskiet is.
Myburg, haar skoonma, Anna Myburgh, 55, en huishulp, Paulina Zithobeni, is verlede maand tuis in Bronkhorstspruit aangeval. Die drie is vir ure met ’n warm strykyster gemartel en toe ontvoer.
Helton Matsimela, 27, en Daniel Motshwarateu, 22, die Myburghs se tuinier, het Myburgh en haar skoonma geskiet en weggejaag. Hulle was daarna in ’n ongeluk betrokke, waartydens Zithobeni verlam is.
Die twee mans verskyn op 2 April in die landdroshof of Bronkhorstspruit.

Dis nou tussen Zuma en Zakumi
Die 2010 Sokkerwêreldbeker-bemarkingsveldtog skop Woensdag af met duur TV-, buitelug- , koerant- en radio-advertensies.
En politici soos Jacob Zuma, Helen Zille, Bishop Mvume Dandala en Patricia de Lille sal dalk opsy moet staan vir die 2010-ambassadeurs Doctor Khumalo, Mark Fish en die 2010-gelukbringer, Zakumi.
Die 2010-veldtog sal meestal groter winkelsentrums, taxistaanplekke en eetsale van groot maatskappye in die vier gasheerstede – Johannesburg, Pretoria, Rustenburg en Bloemfontein – teiken.
Daar heers kommer dat swak bywoning van die Konfederasiebeker Suid-Afrika in ’n swak lig sal stel. Nog net 180 000 van die 640 000 kaartjies is verkoop.

Einde van die pad vir Pretoria-bende
Die polisie het Maandagaand ’n bende van agt mans se misdaadloopbaan in Pretoria finaal die nekslag toegedien tydens ’n skietgeveg waarin twee bendelede dood en vier beseer is. Twee voortvlugtiges is later met behulp van ’n polisiehelikopter gearresteer.
Danksy inligting van informante en hoëtegnologie-waarnemingstelsels het die polisie ’n lokval gestel by die huis van sakeman Haroon Ibrahim in Laudium. Ibrahim en sy seun bedryf ’n supermark vanuit hulle huis in Himalayastraat.
Die bende was o.a. gewapen met ’n Russiese 7,65mm Tokarev pistool – sy koeëls kan deur ’n koeëlvaste baadjie dring. “Dis beslis nie ’n waterpistool nie,” het een van die polisielede opgemerk.

Voorsiening van huise 'n ‘resies teen tyd’
Volgens die minister van behuising, Lindiwe Sisulu, is die voorsiening van behuising ’n resies teen tyd en ’n stryd om hulpbronne.
Die minister het Maandag saam met haar Angolese eweknie, Sita José, per helikopter oor behuisingsprojekte in Gauteng gevlieg. Angola het $500 miljoen by die Ontwikkelingsbank van China gekry om een miljoen huise te begin bou.
Sisulu sê daar is steeds geweldig hoë vlakke van armoede in Suid-Afrika, asook ’n “redelik groot” behuisingsagterstand. Die vraag neem ook voortdurend toe namate mense na die stede stroom op soek na werk.

Vigs maai onder raadslede
’n Studie deur die Instituut vir Demokrasie in Suid-Afrika (Idasa) het bevind dat baie stadsraadslede jonk sterf, waarskynlik weens Vigs-verwante siektes. In die toekokms kan dit tot “ondoeltreffende plaaslike regering” lei.
Idasa se navorsers het bevind dat die gemiddelde ouderdomsverwagting van raadslede so 51 jaar is, en dat 285 uit die 589 tussenverkiesings wat tussen Februarie 2001 en Desember 2007 gehou is, waarskynlik die gevolg van sterftes was.
Die meeste van dié raadslede was 49 of jonger en 70% van hierdie groep is waarskynlik aan Vigs-verwante siektes dood.

Monday, 16 March 2009
Motata-saak weer uitgestel
Die saak van die Pretoriase hooggeregshofregter, Nkola Motata, war reeds twee jaar lank aan die gang is, is weer uitgestel sodat sy regspan die saak aan ’n nuwe prokureur, Simeon Ngomane, te oorhandig.
Die staat het reeds al sy getuies geroep en sy saak afgesluit.
Motate se regspan sou ’n aansoek indien dat die saak van die rol geskrap word omdat die staat nie kon bewys dat die regter onder die invloed van drank was toe hy met sy Jaguar in 'n tuinmuur in Hurlingham vasgery het nie.
Die aansoek is egter nou vir die vierde keer uitgestel, tot 24 April.

Nog ’n lid van SAUK-raad bedank
Peter Vundla, lid van die SAUK-raad, het Vrydag bedank.
Die SAUK se woordvoerder, Kaizer Kganyago, het Maandag gesê hy weet nie waarom Vundla bedank het nie, maar die rede sal aan die aandeelhouer – die minister van kommunikasie – en die raad se voorsitter gekommunikeer word.

Tik nie meer tieners se gunsteling
Volgens die jongste mediese navorsing is tik nie meer die vookeurdwelm vir Wes-Kaapse tieners nie, maar dit bly die gewildste dwelm vir verslaafdes in hulle vroeë 20’s.
Die opnames word sedert 2002 elke ses maande by 25 rehabilitasiesentrums in Kaapstad gedoen. Die meeste mense wat by dié sentrums om hulp aanklop, is aan tik verslaaf.
In die eerste helfte van 2002 was net 32 van die 1 551 pasiënte aan tik verslaaf, maar in die tweede helfte van 2006 was 1 184 van die 2 798 pasiënte daaraan verslaaf.

Ongelukkigheid oor Zuma by Rhema
Die Rhema Kerk ontken dat hy ANC-president Jacob Zuma en die regerende party steun nadat hulle Zuma die naweek tydens 'n kerkdiens die geleentheid gegee het om die kerkgangers toe te spreek.
Die kerk se woordvoerder, Vusi Mona, het gesê tydens apartheid het kabinetslede gereeld die gemeente toegespreek en na demokrasie het verskeie politici die kerk besoek. Die enigste name wat hy egter kon noem was dié van ANC-lede soos Mathews Phosa, Tokyo Sexwale en Mathole Motshekga.
Sondag het pastoor Ray McCauley van Rhema vir “ons leier” Zuma gebid. Ongeveer 60 gemeentelede het onder Zuma se toespraak uitgestap uit protes teen stemwerwery in die kerk.

Skelms raak hul bates kwyt
Die afgelope maande het die hoër howe minstens 55 batebeslagleggingsake hanteer waarby minstens R3,2 miljoen in kontant of bankrekeninge, 34 voertuie, selfone, duiktoerusing en ontwerpershorlosies betrokke was.
In al die gevalle is die bates gevries of verbeurd verklaar ten gunste van die staat.
Die Nasionale Vervolgingsgesag het Vrydag aangekondig dat sy Batebeslagleggingseenheid in 2008 op bates ter waarde van R395 miljoen beslag gelê het. Dit het voortgespruit uit 247 verskillende sake.
Geld waarop beslag gelê word of wat geïn word uit die verkoop van verbeurde bates, word in ’n Reserwebankrekening inbetaal.

Bende beroof Jhb nagklub
‘n Johannesburgse nagklub is vir die derde keer in drie jaar beroof, maar hierdie keer het die bende amper 200 klante gyselaar gehou.
Roka in Milpark is Saterdagaand deur ‘n bende van tot agt gewapende mans binnegeval met wat beskryf is as militêre akkuraatheid.
Die rooftog het ongeveer 15 minute geduur. Die eienaar van die klub moes sy kluis oopsluit en ongeveer R30 000 is gesteel van die kluis en die kasregisters.
Daar was glo geen paniek nie en die bende het klante op ‘n professionele manier hanteer.

DA kla oor Duitse artikel
Die DA het gekla by die Duitse koerant Der Spiegel oor ‘n artikel wat hulle glo opruiend is, wat besoekers aan SA kan weghou, asook beleggers afskrik.
Dit is in reaksie op ‘n artikel wat in Februarie gepubliseer is getiteld “Die weermag staan by” en het die DA gesê, “dit skets ‘n beeld van ‘n land wat op die randjie van burgeroorlog staan.”
Die artikel begin deur die brande in die Wes-Kaap as kontras te stel met die voor-verkiesingspanning en eindig dramaties met verwysings na die weermag wat bystaan om in te tree in geval van geweld gedurende die verkiesing.

ANC-raadslid doodgeskiet
‘n ANC-raadslid is doodgeskiet buite sy huis in Rustenburg in Noordwes.
Moss Phakoe, 52, is twee keer geskiet, het kaptein Elsabe Augoustides gesê.
Phakoe is glo in sy motor voor sy huis geskiet. Hy is gevind deur iemand wat ondersoek gaan instel het nadat hy gesien het die ligte van Phakoe se BMW brand nog.

Polisie verloor 8 000 vuurwapens
Die Suid-Afrikaanse polisie het 8 286 vuurwapens verloor, laat steel of net misplaas oor die afgelope drie jaar.
Dit sluit in pistole, haelgewere, rewolwers en ander gewere. Hulle het net 900 teruggekry, het die minister van veiligheid en sekuriteit geantwoord op ‘n parlementêre vraag van die DA.
Munisipaliteite verloor glo 8% van alle vuurwapens wat aan hulle gegee word.

Minister se vrou in dwelmskandaal
Daar word ondersoek ingestel na die vrou van die Suid-Afrikaanse minister van intelligensie, vir vermeende bande met ‘n dwelmsmokkelar, het berigte Sondag gesê.
Die kantoor van Siyabonga Cwele het ontken dat sy vrou, Sheryl, enigsins bande met Tessa Beetge het, ‘n Suid-Afrikaanse vrou wat in Junie in Brasilië gearresteer is in besit van kokaïn ter waarde van R2.9m.
‘n Sondagkoerant voer aan dat boodskappe, e-pos, en briewe toon dat die vrouens kontak gehad het voor en tydens Beetge se besoek aan Suid-Amerika.

Saturday, 14 March 2009
Man bied rowers nuwe selfoon aan in ruil vir oue
‘n Man van Durban-Noord is bereid om ‘n groep gewapende rower ‘n nuwe selfoon te gee, in ruil vir die een wat hulle van sy seun gesteel het. Die stem van sy oorlede vrou is op die selfoon opgeneem.
Hierdie boodskap was die laaste wyse waarop Garth O'Connor en sy seun Wade, 23, na Lee O’Connor se stem kon luister.
Sy is ses maande gelede oorlede aan diabetes verwante oorsake.
Wade het hom Donderdagaand vasgeloop in ‘n gewapende rooftog by die Umhlanga Rock Drive winkel. Sy beursie en selfoon is gesteel.

Benoni sakeman ontvoer
Die Gauteng polisie is opsoek na drie mans wat ‘n sakeman van Benoni ontvoer en aangerand het.
Die swaargewapende mans het Vrydag by die sakeman se huis in Benoni ingebreek. Die inbrekers het na die man se kamer gegaan, hom wakker gemaak, en gedwing om die kluis oop te maak.
Die sakeman se buurman het gesien hoe die mans hom geblinddoek na die wagtende kar geneem het en weggery het.

UOVS kry eerste swart rektor
Die Universiteit van die Vrystaat het Vrydag geskiedenis gemaak toe hul eerste swart rektor en vise-kansellier, Professor Jonathan Jansen, aangestel is.
Jansen het gesê hy is “besonder geëerd” met sy aanstelling.
Die Raad van die Universiteit van die Vrystaat het gesê die historiese besluit is met ‘n oorweldigende meerderheidstem geneem.
Die besluit dui aan dat die Universiteit daarna streef om steeds ‘n wêreldklas instituut te wees, wat streef na transformasie en steeds na die belange van die universiteitsgemeenskap omsien.

Ses mans vas na moord op kollega
Die Oos-Kaap polisie het Saterdag aangekondig dat ses mans in hegtenis geneem is in verband met die moord op hul 49-jarige kollega in Oos-Londen.
“Die man is Vrydag by sy werkplek in Quigneystraat met wonde aan sy kop gevind,” het Superintendent Mtati Tana gesê.
Die man se liggaam was bespuit met ‘n vloeistof wat na ‘n mengsel van diesel en verf gelyk het. Daar was ‘n tou om sy nek, wat aan ‘n wegsleepvoertuig vasgemaak was.

Onmin in die kerk
‘n Storm woed in die Universal Church of the Kingdom of God.
Suid-Afrikaanse pastore beskuldig hulle Brasiliaanse biskop van rassisme, diskriminasie en die feit dat hy voorkeur gee aan Portugese pastore.
Ten minste 50 pastore het die kerk sedert die einde van 2008 verlaat, en hierdie pastore beweer dat verskeie ander pastrore in die kerk dieselfde wil doen, maar dit finansieel nie kan bekostig nie.

Dis Shaik 'se eie skuld'
‘n Bekende dokter van Durban sê dit is gewoonlik nooit nodig om ‘n pasiënt met hoë bloeddruk in ‘n hospitaal te laat opneem nie.
“As ‘n pasiënt bereid is om met dokters saam te werk en ‘n gesonder leefstyl aan te kweek, kan hoë bloeddruk goed buite ‘n hospitaal beheer word,” het Dr LI Robertson van Parklands Medical Centre in Overport, Durban in ‘n sterk brief aan die Weekend Argus-koerant gesê.
Shaik is 12 dae gelede op mediese parool vrygelaat, nadat hy minder as 3 jaar van sy 15-jaar tronkstraf vir korrupsie en bedrog uitgedien het.
Die vrylating het ‘n storm ontketen waarin mense glo dat die owerhede hom spesiale behandeling gee.
Robertson skryf dat hy in sy 50 jaar as dokter ongeveer 10 000 pasiënte met hoë bloeddruk behandel het, en dit nog nooit nodig was om ‘n pasiënt in ‘n hospitaal te laat opneem nie.
“Indien die pasient saamwerk deur die nodige medikasie te neem en sy leefstyl verander deur gewig te verloor, op te hou rook en drink en gesonder te eet, is dit geensins nodig nie.”
Daar is gerugte dat Shaik gerook het terwyl hy in die hospitaal was en ook gereeld ongesonde gemorskos by die tronk laat aflewer het.

Zille ontmoet taxi-bedryf
Kaapstad se burgersentrum word Saterdag vir sekuriteitsdoeleindes afgesper, vir ‘n ontmoeting tussen die stad se burgemeester Helen Zille en die Nasionale Taxi-vereniging.
Zille het die vereniging daarvan beskuldig dat hulle planne vir die nuwe snelbusdiens, die Integrated Rapid Transit System, probeer kelder om te verseker dat ‘n paar “krygsmanne” (“war lords”) aanhou regeer.
Die taxi-vereniging is weer kwaad vir Zille omdat sy gedreig het om die weermag in te roep, indien nodig.
Maar, Zille het gesê sy sal nie toelaat dat die stad deur wetteloosheid en boewery regeer word nie.
Die ontmoeting tussen Zille, haar afgevaardigdes en die taxi-vereniging sal Saterdagmiddag plaasvind, terwyl die hoofingang tot die burgersentrum onder streng veiligheid bewaak sal word.

Prinsloo 'kon nie genoeg seks kry nie'
Barbie-koors het hierdie week in die Gauteng Noord hooggeregshof geheers.
Die tonge het geklap oor die aaklige besonderhede van die 31-jarige Cezanne Visser se bizarre sekslewe met haar voormalige minnaar Dirk Prinsloo.
Hoe meer detail onthul is, hoe voller het die hofsaal geraak met regspersoneel, jong regstudente en selfs advokate wat Visser se bekentenis eerstehands wou hoor.
Een ding wat gedurende haar getuienis uitgestaan het, is dat Prinsloo mal was oor seks.
Visser het die hof vertel hoe Prinsloo om elke hoek en draai met haar wou seks hê, selfs direk nadat hy met iemand anders omgang gehad het.
Sy moes ook lesbiese seks voor hom hê, en selfs haar ma oortuig om seks met hom te hê.
‘n Emosionele Visser kon nie verduidelik hoekom sy toegelaat het dat Prinsloo haar so behandel nie.
Sy sê, Prinsloo het haar ten volle beheer, en daar was niks wat sy kon doen nie.
Die hofsaak word Maandag voortgesit.

Zuma verdedig Shaik
Die ANC-president Jacob Zuma het uitgevaar teenoor Suid-Afrikaners wat Schabir Shaik wil dood hê.
Zuma het Vrydag in 'n eksklusiewe onderhoud met die Saturday Star gesê dat hy "diep ongelukkig" voel oor die feit dat so baie Suid-Afrikaners besluit het dat Shaik jok oor sy mediese toestand en nie regtig sterwend is nie.
Shaik, wat voorheen Zuma se finansiële raadgewer was, is in 2005 tot 15 jaar tronkstraf gevonnis weens korrupsie en bedrog.
Zuma het gesê, selfs al kan mense nie die verslag sien nie - weens pasiënt-dokter vertroulikheid - moet hulle glo dat die korrekte prosedures wel gevolg word.

Helikopter snel skermswewer te hulp op Leeukop
‘n Britse vakansieganger is Vrydag met ‘n helikopter by Leeukop in Kaapstad opgepik, nadat hy in ‘n skermsweef-ongeluk beseer is.
Volgens ooggetuies het die 64-jarige man geval toe hy probeer het om by ‘n steil afdraend af te hardloop sodat hy met sy skermsweef kan opstyg.
“Hy was veronderstel om te hardloop, maar hy het tussendeur gestop en toe geval,” vertel ‘n ooggetuie.
Volgens ‘n dokter het die onbekende man snye en kneusplekke en moontlik ook harsingskudding.
Die Brit is na ‘n nabygeleë hospitaal geneem waar hy tans aansterk.

Drankwinkel-rowers kry 15 jaar tronkstraf
Drie mans wat ‘n drankwinkel beroof het in Ivory Park aan die Oos-Rand is Vrydag tot 15 jaar tronkstraf gevonnis, terwyl die vierde man tot 23 jaar gevonnis is, het die Oos-Rand polisie gesê.
Themba Hlatshwayo, 26, Mathews Manamela, 42, Cliff Khoza, 29, en Thami Mzolo, 35, het die drankwinkel in Junie 2006 beroof nadat hulle voorgegee het dat hulle klante was, berig polisiewoordvoerder Kaptein Manyadza Ralidzhivha.
"Hulle het die eienaar met wapens gedreig en met 'n onbekende bedrag geld gevlug."

Friday, 13 March 2009
Skerpioene bloei dood
Die Skerpioene, wat binnekort nie meer gaan bestaan nie, het 'n 43% tekort aan personeel in hul top posisies gehad laas maand, het die minister van justisie gesê.
Die elite eenheid wat georganiseerde misdaad bekamp, kort vier van die vyf aanklaers en het net 53 advokate in plaas van 104. Daar is ook ‘n tekort aan ondersoekbeamptes. Die eenheid verloor glo ses mense per maand.
Die tekort aan personeel kan die aangaande ondersoek na die wapentransaksie belemmer, meen kenners.

Sewe sterf in busongeluk
Sewe mense, insluitende ‘n agt-jarige meisie, is dood en verskeie ander beseer laat Donderdag toe ‘n bus in die suidelike Drakensberg verongeluk het.
Die bus met sowat 50 passasiers was tussen Umtata en Secunda onderweg toe die bestuurder beheer oor die voertuig vyf kilometers voor Underberg verloor het.
Die bus het verskeie kere gerol en 32 mense is ernstig beseer.

Bekende akteur gearresteer
Die akteur David Dukas het in die Randburgse magistraatshof verskyn Vrydag op aanklagte van onsedelike aanranding en besit van kinderpornografie.
Dukas is gearresteer nadat hy homself oorgegee het by die Lindense polisiestasie.
Die klagtes kom nadat sy drie-jarige dogtertjie met haar ouma gepraat het.
Dukas is bekend vir sy rol as Mike Jennings op die e-TV sepie, Backstage.

Cope hou geheime
Cope se provinsiale kandidaatslys word geheim gehou deur sy leiers.
Die finale lys wat Maandag aan die Onafhanklike Verkiesingskomitee gegee is, is reeds aan ‘n ondersoek onderwerp aangesien ‘n paar name vermis word van die oorspronklike lys wat Cope se provinsiale komitee aan sy nasionale eweknie gegee het.
Die party se Mhlungisi Hlongwane het ontken dat daar geheimhouding is maar het gesê hulle verkies dat die OVK die lys bekendmaak.

Rowers skiet buurman
‘n Durbanse man is geskiet toe hy probeer het om sy buurman tydens ‘n gewapende rooftog te help in Umbilo, het die KwaZulu-Natalse polisie gesê.
Die 30-jarige Shaun Coetzee is hospitaal toe gejaag nadat hy in die bors gewond is. Donderdagaand is sy 72-jarige buurvrou, Martha Smalburger, deur drie gewapende mans in haar huis konfronteer. Coetzee het haar te hulp gesnel en is dadelik geskiet.
Die mans het gevlug en niks gesteel nie. Die polisie ondersoek die saak.

‘Iemand praat nie die waarheid nie’
’n Gesin van Pretoria gaan ’n eis instel teen die Gautengse Departement van Gesondheid nadat hulle sieklike vader in die George Mukhari-hospitaal in Ga-Rankuwa dood is weens die beweerde nalatigheid van die nagpersoneel.
Moratwe Letlhabi, 79, het aan brandwonde beswyk. Sy seun, Harry, sê Letlhabi is op 28 Januarie vir ’n lewerkwaal in die hospitaal opgeneem. Alles was goed en wel, totdat die hospitaal Letlhabi se vrou, Kate, laat weet het dat haar man se bene en onderlyf met kookwater verbrand het. Twee dae later Letlhabi dood.
Die saak word deur die polisie ondersoek.

Shaik en die R10m-huis
Schabir Shaik het R10 miljoen aangebied vir ’n huis in Durban ’n week voor hy op vroeë parool uit die hospitaal ontslaan is, het die Mail & Guardian Vrydag berig.
Carol Reynolds van Pam Golding Properties het bevestig dat Shaik ’n mondelinge aanbod van R10m vir die eiendom op Eastbourneweg ingesit het, maar dat ’n skriftelike aanbod van R9.8m uiteindelik aanvaar is.
Die vyfslaapkamer-dubbelverdiepinghuis is in dieselfde straat geleë as King’s House, die staatspresident se ampswoning in Durban.

Zuma kos belastingbetaler miljoene
Die beskerming van ANC-president, Jacob Zuma – al is hy nie 'n ampsdraer nie – kos die belastingbetaler ongeveer R1 miljoen per maand.
Sedert hy in Junie 2005 as adjunkpresident afgedank is, het Zuma se beskerming Suid-Afrikaners ongeveer R50 miljoen gekos.
Die belastingbetaler moes ook meer as R2 miljoen opdok vir nasionale polisiekomisssaris Jackie Selebi se korrupsiehofsaak.
DA LP, Diane Kohler-Barnard, sê dis ’n vermorsing van die belastingbetaler se geld, veral omdat die SAPD voortdurend onderbefonds is. Dis ook ironies dat Zuma se bloulig-konvooie berug geraak het vir hulle gevaarlike gedrag op Suid-Afrika se paaie.

Onnie verheug oor stemmery
’n Jong onderwyser, die 27-jarige Willem Richter, is baie opgewonde omdat hy op 22 April saam met duisende ander Suid-Afrikaners in Engeland sy kruisie by Suid-Afrika Huis in Londen kan gaan trek.
Dit is sy optrede wat gelei het tot die Grondwetlike Hof se uitspraak Donderdag dat burgers wat in die buiteland woon maar as kiesers geregistreer is, wel kan stem.
Suid-Afrikaners in die buiteland wat wil stem, moet die Onafhanklike Verkiesingskommissie voor 27 Maart daarvan in kennis stel.
Ongeveer 5 000 Suid-Afrikaners in die buiteland het reeds die OVK laat weet dat hulle gaan stem.

Besoek aan Namakwaland ontstel Zuma
ANC-president Jacob Zuma se eendaagse besoek aan Namakwaland, in die dorre noordweste van die land, het hom ontstel.
Elizabeth Cloete, ’n afstammeling van die Khoisan, woon op Springbok onder stukke plastiek en ou ondervilt wat oor ’n paar sinkplate gespan is. Haar krothuis vorm deel van ’n armoedige woongebied op die rand van die dorp.
Cloete staan net 1,2m in haar kortbroek en verweerde plastieksandale. Sy sê sy is 49 jaar oud, maar ’n lewe van swaarkry lê afgeëts op haar gesig. Een van die amptenare saam met Zuma kan verskoon word dat hy gedink het sy lyk goed vir 94.

Thursday, 12 March 2009
89 kinders siek in Oos-Kaap
‘n Leerling van ‘n skool in Centane, Transkei, is gehospitaliseer en 88 ander is Woensdag behandel en ontslaan na ‘n vermoedelike uitbraak van voedselvergiftiging, het die Oos-Kaapse departement van gesondheid gesê.
Departementele woordvoerder Sizwe Kupelo het gesê die leerlinge van Tekoberoepskool het begin kla van braking en maagkrampe nadat hulle hoender geëet het.
Die insident het gevolg minder as 24 uur na 99 kinders van ‘n privaatskool by Dutywa hospitaal toe geneem is met dieselfde klagte. Die departement ondersoek beide gevalle.

Xenofobia: Gemeenskapsleiers kry skuld
Gemeenskapsleiers het ‘n rol gespeel in die xenofobiese geweld in Mei 2008, het ‘n studie van die Internasionale Organisasie vir Migrasie wat Woensdag vrygestel is getoon.
Jeanne Pierre Misago, ‘n navorser by die Geforseerde Migrasie Studies Program by Wits universiteit het gesê, “Gemeenskapsleiers was betrokke gewees.”
Hy het gesê plaaslike leiers het die xenofobiese aanvalle georganiseer om hulle geloofwaardigheid te verhoog in hulle gemeenskap.
Die media het ook ‘n rol gespeel deur te wys hoe die skares suksesvol was in die stropery en ook die polisie se onvermoë om die situasie te kon hanteer.

Broers herenig na 50jr
Nadat hulle mekaar meer as 50 jaar nie gesien het nie, is twee halfbroers nou weer verenig en bou aan hul verhouding.
Christopher Wilders, 65, en Peter Hobbs, 62, het mekaar laas in 1954 gesien. Hulle het dieselfde ma maar die sewe-jarige Hobbs is deur sy pa Engeland toe geneem toe die huwelik met Hobbs se ma nie uitgewerk het nie.
Wilders het deur ‘n vriendin begin soek na sy broer en ‘n advertensie in ‘n tydskrif het hom uiteindelik laat opspoor.
Die broers is het begin korrespondeer en het mekaar later ontmoet. Dit was vir beide baie emosioneel.

Reddy: Ek respekteer Niehaus
Die bekende KwaZulu-Natalse besigheidsman, Vivian Reddy, het laat blyk hoekom hy probeer het om die voormalige ANC woordvoerder, Carl Niehaus, te help met sy finansiële probleme.
Reddy het egter ook gesê hy is teleurgesteld oor van die dinge wat nou uitgekom het.
“Ek dink regtig nie hy het nodig gehad om dit te doen nie (die bedrog), want daar sou baie mense binne die ANC wees wat hom sou gehelp het (as hy gevra het). He is aangeraai om na ‘n goedkoper huis te trek,” het Reddy gesê.
Maar Reddy het gesê dis steeds moeilik om sy rug op Niehaus te draai weens sy betrokkenheid in die vryheidstryd, waartydens hy tronk toe gestuur is, in ‘n tyd toe hy as ‘n wit Afrikaner, ‘n baie lekkerder lewe kon gehad het.

Toeris gered op Tafelberg
‘n Duitse toeris is Woensdagmiddag gered op Tafelberg nadat sy ineengestort het en deur reddingswerkers afgelei moes word.
Heike Kletschke en haar man, Rainer, beide ervare voetslaners, het voorberei vir die staptog en het hoede aangehad, sonskerm asook baie water en kos. Maar Kletschke, wat al ‘n paar dae nie te goed gevoel het nie, het skielik ineengestort en “nie geweet wat aangaan nie”.
Reddingswerkers meen sy het aan hitte uitputting en dehidrasie gely.

Hof: Burgers in buiteland mag stem
Suid-Afrika se Grondwetlike Hof het Donderdag bevind dag Suid-Afrikaanse burgers in die buiteland toegelaat moet word om in volgende maand se algemene verkiesing te stem.
Volgens die hof het burgers wat oorsee woon en geregistreer is om te stem, die reg om op 22 April te stem.
Dié verkiesing sal na verwagting die mees omstrede een wees sedert die einde van apartheid in 1994.

Rowers slaan toe tydens kerkdiens
’n Gewapende bende van agt mans en ’n vrou het Woensdagaand tydens ’n kerkdiens by die Riversong-kerk in Randburg ’n man gewond en die ander kerkgangers van geld en hul selfone beroof.
Hulle het die opsigter na sy kamer op die perseel geneem waar hulle sy DVD-speler en selfoon gevat en hom toe in die mond geskiet het. Hy is in ’n kritieke toestand in die hospitaal.
’n Negentienjarige meisie is met ’n wapen oor die kop geslaan. Sy het ligte kopbeserings opgedoen en is in ’n bestendige toestand.

Berugte bende agter tralies
Vyf lede van die berugte Sandton-mesbende is Woensdag gevonnis. Die leier van dié vyf broers van Alexandra, William "Big Spender" Lehase, 34, het 40 jaar gevangenisstraf gekry.
Die bende is drie jaar gelede vasgetrek. Hulle het veiligheidskomplekse in Sandton geteiken en families met hul eie kombuismesse geterroriseer. Een van die slagoffers is 17 keer met ’n mes gesteek.
Landdros Renier Boshoff het die polisie gelukgewens, maar gesê die betrokkenheid van sekuriteitswagte by die komplekse moet ondersoek word.

OVK oorval met klagtes van intimidasie
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het reeds klagtes ontvang van intimidasie, stemkopery en ander ongerymdhede, pas ná politieke partye die Verkiesingsgedragskode onderteken het wat hulle verbind tot ’n verkiesing vry van geweld, intimidasie en ander oortredings van die Verkiesingswet.
Opposisiepartye sê die ANC deel kospakkies uit om steun te werf. IFP-raadslede het die afgelope naweek 2 000 ondersteuners aangery met die belofte van ’n gratis ontbyt en etekoepons. Drie mense is deur die skare vertrap.
Opposisiepartye in die Noord-Kaap kla dat die ANC vir kiesers sê dat hulle hul pensioen en toelaes sal verloor as hulle vir iemand anders stem.

Meningitis neem toe in Gauteng
Die Gautengse departement van gesondheid het Donderdag bevestig dat ’n persoon wat by die Sentrale Metodistekerk in Pritchardstraat, Johannesburg, tuisgaan, in die Charlotte Maxeke Johannesburg akademiese hospitaal opgeneem is.
Die departement het nie bevestig of die persoon ’n Zimbabwiër is nie. Zimbabwiërs stroom na die kerk om skuiling te soek. Tans gaan daar meer as 2 000 vlugteling by die kerk tuis en ongeveer 2 500 slaap op die sypaadjies buite die kerk.
’n Tukkies-student word ook in die Muelmed Medi-Clinic vir miningitis behandel, en by die Tembisa-hospitaal is nog twee gevalle aangemeld.

Wednesday, 11 March 2009
Man gekaap in Konstantiakloof
Twee gewapende mans het Dinsdagaand ‘n motoris genader by ‘n BP-vulstasie in Konstantiakloof en sy motor gekaap, het die polisie gesê.
“Die man het ingegaan by die winkel om iets te koop om te drink, en toe hy uitgekom het, het ‘n Honda Ballade langs hom gestop. Twee gewapende verdagtes het uitgeklim en hom beveel om uit te klim en plat te lê,” het kaptein Douglas Trollip Woensdag gesê.
Een van die gewapende mans het in sy bakkie geklim en weggery.

Behuisingsbedrog van R26m
Amper 2000 regeringsamptenare het op oneerlike wyse behuisingsubsidies bekom ter waarde van R26m, het ‘n spesiale ondersoekeenheid Woensdag gesê.
Faiek Davids het gesê 1 962 amptenare “was nie geregtig op ‘n subsidie nie”.
Die ondersoek het uitgeloop op 724 kriminele vervolgings en 634 dissiplinêre verhore.
Die eenheid gaan ten minste R18 miljoen terugkry danksy terugbetalingsooreenkomste.

Shaik 'gesond genoeg' in 2008
Die Durbanse kardioloog professor DP Naidoo het beslis gemeen dat Schabir Shaik gesond genoeg was om uit die hospitaal ontslaan te word laas jaar.
Dit blyk uit ‘n opname van ‘n onderhoud wat Naidoo op 6 en 7 Maart gehad het met die Sunday Times koerant.
Naidoo is intussen belet om met die media te praat.
Daar is vroeër gesê dat Naidoo se uitlatings “buite konteks” geneem is.

'Moenie VAT aan my BMW nie!'
‘n Jong Durbanvillese ma is getraumatiseer nadat ‘n man in ‘n vermeende padwoede-uitbarsting haar motor met ‘n hamer bygekom het.
Die vrou was Dinsdagoggend by die Parow afrit na die N1 toe haar aandag deur haar drie-maande-oue baba afgelei is. Sy het toe aandag aan die kind gegee, waarydens haar motor gaan staan het en aan die rooi BMW voor haar se fietsrak geraak het.
Die BMW se bestuurder het glo uitgespring, op haar geskree en gevra om haar bestuurslisensie te sien voordat hy haar voorste lig met ‘n hamer uitgeslaan het.

DA kan ANC aanvat
Die DA sê hy is die party om die ANC te keer om ‘n twee-derde meerderheid te verkry, sê die leier, Helen Zille.
Sy het gesê hoe meer mag die ANC kry, hoe meer misbruik hy die mag. Sy glo dat die ANC die grondwet sal verander om Jacob Zuma uit die sop te kry.
Sy reken dat dit in die komende verkiesing vermag kan word aangesien die ANC in twee gedeel is.
Zille het die ANC ook beskuldig daarvan dat hy sy meerderheid misbruik het om van die Skerpioene ontslae te raak.

Motlanthe sal Shaik ondersoek gelas
President Kgalema Motlanthe sal dit oorweeg om ‘n ondersoek te gelas as hy gevra word ná die skielike mediese parool van die bedrieër Scabir Shaik. Hy is skielik verlede week vrygelaat nadat hy slegs 2½ jaar van sy 15 jaar tronkstraf uitgedien het.
Die minister van korrektiewe dienste, Ngconde Balfour, het tot dusver alle sulke pogings van die hand gewys.

Twee politieke partye uit verkiesing
Twee van die 42 politieke partye wat aangedui het hulle gaan die verkiesing beveg, sal nie kan deelneem nie, het die SAUK berig.
Die Hlanganani Sakhe Isizwe party wou in die nasionale verkiesings deelneem, maar het nie die R180 000 deposito betyds betaal nie.
Die SA Determined Volunteers party, wat in die KwaZulu-Natal provinsiale verkiesing wou deelneem, was nie daarvoor geregistreer nie.

Tiener glo in polisieselle geboender
‘n Tiener van Pretoria is meer as ses uur lank in ‘n polisiesel aangehou hoewel hy gesmeek het vir doktersbehandeling. Hy is na bewering deur vyf Tshwane metro polisie amptenare aangerand omdat hy nie ‘n geldige rybewys het nie.
Marcio de Caires, 19, is in Pretoria gestop en na bewering aangerand omdat hy nie R100 omkoopgeld betaal het nie en foto’s van die metro polisie met sy selfoon wou neem.

Zuma sê meer studente moet opgelei word
Die ANC president, Jacob Zuma, sê die fokus op opvoeding behoort daarop gemik te wees om tegniese vaardighede te kweek in die kategorieë van tegnici, ingenieurs, wetenskaplikes en ambagsmanne.
Hy het tydens ‘n debat oor opvoedkunde wat die Universiteit van Johannesburg gereël het gesê samelewings benodig ‘n hoogs-opgeleide arbeidskorps wat baie groter word. Universiteite behoort hieraan aandag te gee deur toe te sien dat baie meer studente tersiêre opleiding kry.

'Mr Big het opdrag gegee'
‘n Self-erkende dwelmsmous wat Staatsgetuie geword het, Chandre Petersen, het in die Kaapse Hooggeregshof getuig dat dit die vermeende dwelmbaas Quinton “Mr Big” Marinus was wat opdrag gegee het dat ‘n Elsiesrivier pa, Henry Stevens, doodgemaak word.
Petersen, wat teenwoordig was toe Stevens doodgemaak is, het getuig in die moordsaak teen Jason Canterbury, 25. Hy het in 2003 R6.7 miljoen in ‘n Lotto trekking gewen, maar glo ‘n dwelmsaak begin om sy verminderende kontant aan te vul. Russel “Sniper” Johannes en Remo Kuys word ook vir die dood van Stevens in September 2006 vervolg.

Tuesday, 10 March 2009
Cholera-gevalle in Noordwes
Die Noordwes se departement van gesondheid is op ‘n hoë gesondheidsgereedslag nadat nog twee mense dood is en nog 19 siek geraak het weens vermoedelike cholera.
Die 21 mense is opgeneem in Brits met hewige diarree en twee pasiënte is dood.
Indien dit wel cholera is, sal dit beteken dat 35 cholera-gevalle aangemeld is sedert November.

Brandbestryders hoop op reën
Veldbrande woed steeds in die berge rondom Stellenbosch.
Die Helshoogtepas was gesluit vir ‘n paar uur Maandagmiddag weens die brande en verskeie huise was in gevaar vir ‘n ruk.
Brandbestryders wens dat die wind sal gaan lê en dat dit binnekort sal reën.
Sommige wingerde in Stellenbosch word tans bedreig deur die vlamme. Daar is ook steeds brande in ander dele van die Wes-Kaap.

Shaik kan terug tjoekie toe
As daar bevind word dat die bedrieër, Schabir Shaik foutiewelik op mediese parool vrygelaat is, is daar voorsiening binne die wet daarvoor dat hy kan terugkeer tronk toe, meen Lukas Muntingh van die Civil Society Prison Reform Initiative.
Muntingh het gesê die nasionale kommissaris sou ‘n lasbrief vir die arres van ‘n “foutiewelik vrygelate” gevangene kon aanvra.
‘n Woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste wou nie hierop kommentaar lewer nie.

SA wil Zuma in die hof sien
Die meeste Suid-Afrikaners glo dat die ANC president Jacob Zuma, se vervolging moet voortgaan, terwyl 27% hom vertrou, maar meer as 30% hom nie vertrou nie.
Die nuwe meningsopname, deur Afrobarometer in Oktober en November gedoen, wys dat Suid-Afrikaners se vertroue in hul regering, leiers en politieke partye oor die afgelope drie jaar afgeneem het.
‘n Totaal van 2 400 volwassenes se menings is gevra in plattelandse en stedelike gebiede.

80 kinders kry voedselvergiftiging
Meer as 80 kinders van ‘n spog privaatskool in die Oos-Kaap is in die hospitaal opgeneem met voedselvergiftiging Maandagaand.
‘n Provinsiale gesondheidsdepartement woordvoerder, Sizwe Kupelo, het gesê 81 van die 82 siek kinders van die Idutywa School of Excellence is uit die hospitaal ontslaan teen Dinsdagoggend.
Die oorsaak was glo skaapvleis wat Sondagaand aan die kinders gegee is om te eet.

Man tronk toe vir roekelose bestuur
‘n Inwoner van Westbury in Johannesburg, Solly Lawrence, 26, begin Dinsdag sy tronkstraf van vier jaar nadat hy skuldig bevind is aan “baie roekelose bestuur.”
Hy is skuldig bevind aan die klag nadat hy Jay-Z Pietersen meer as 2.5km ver onder sy motor gesleep het. Jay-Z het die aand van 27 Oktober 2007 met sy speelgoed motorfietsie op die sypaadjie gespeel toe Lawrence hom raak gery het. Met die slag het sy fietsie onder die motor beland, maar Lawrence het nie gestop nie en die kind saamgesleep. Hy word Dinsdag ses jaar oud.

Koelsak vol geld in Edenvale opgegrawe
‘n Konstruksiewerker kon nie glo toe hy hoor ‘n koelsak wat hy opgegrawe het, is vol geprop met meer as R1 miljoen nie.
Rodgers Nkuna, 25, het ‘n sloot moes grawe vir ‘n dreineringstelsel in Edenvale op die Oos-Rand toe hy Maandag ‘n wit-en-blou koelsak gewaar. Hy het blykbaar gedink dis ‘n bom en die polisie is in kennis gestel. Dit het gelyk of die koelsak al jare terug begrawe is. Dit was vol R50 en R20 note gestop. Die Edenvale polisie ondersoek die oorsprong van die geld.

Shaik dokters word ondersoek
‘n Woordvoerder van die Raad vir Gesondheidsberoepe, Bertha Peters-Scheepers, sê ‘n ondersoek gaan gelas word nadat drie spesialiste verslae ingehandig het oor die gesondheid van Schabir Shaik, wat verlede week op mediese parool vrygelaat is.
Shaik is uit die Inkosi Albert Luthuli staatshospitaal ontslaan nadat hy sowat 2½ jaar van sy 15 jaar tronkstraf uitgedien het. Hy ly glo aan ‘n terminale siekte. Die DA het gevra dat ‘n ondersoek geloods word omdat daar so baie teenstrydighede oor Shaik se gesondheid is.

Man skuldig aan 70 aanklagte
‘n Voormalige vloot seeman, Tsediso Letsoenya, is in die Wes-Kaapse Hooggeregshof skuldig bevind aan 70 aanklagte van verkragting, poging tot verkragting, aanranding en roof van verskeie inwoners van die Kaapse Vlakte.
Baie van die slagoffers het getuig dat hulle ná sonsondergang in Philippi gestap het toe Letsoenya, 37, hulle tussen 2003 en 2005 aangeval het.

'Polisie het vingerafdrukke in motor geplaas"
Een van die man wat aangekla word van die moord op reggae ster Lucky Dube, het die polisie daarvan beskuldig dat hulle sy vingerafdrukke in Dube se motor aangebring het. Sfiso Mhlanga, Ludwe Gxowa en Mbuti Mabe word ondermeer aangekla van moord en twee van roof met verswarende omstandighede.
Mhlanga het in die Johannesburgse Hooggeregshof getuig dat die enigste rede hoekom sy vingerafdrukke in Dube se motor kon wees is dat die polisie sy vingerafdrukke geneem het nadat hy in hegtenis geneem is en dat hulle toe dit in die motor geplaas het.

Monday, 09 March 2009
Adv Barbie gedreig met die dood
Cezanne Visser, of Advokaat Barbie soos sy ook bekend is, het in die hof getuig hoe haar voormalige minnaar, Dirk Prinsloo, gedreig het om haar en haar ma dood te maak.
Sy het Maandag gesê dat Prinsloo ook beplan het om sy voormalige vrou te vermoor en dat hy op ‘n stadium homself vermom het en na haar gaan soek het.
Nadat hulle gearresteer is in 2002, het Prinsloo haar en haar ma gedreig en gesê hy sou hulle doodmaak as sy hom nie bystaan nie.

Families haweloos na brand
Omtrent 800 plakkerskamphutte het afgebrand in die Joe Slovo gedeelte van Langa Maandagoggend.
‘n Polisiewoordvoerder het gesê brandbestryders het die vlamme geblus gedurende die oggend.
Niemand is dood of beseer nie en planne word gemaak om die hawelose families te huisves.
Dit is nie duidelik wat die brand veroorsaak het nie.

SA ondersoek vliegtuigongeluk
Die Suid-Afrikaanse regering probeer tans vasstel of een van die sewe mense wat dood is in ‘n Oegandese vliegtuigongeluk Maandag, ‘n Suid-Afrikaner was.
Die departement van buitelandse sake het gesê hulle probeer nog uitvind of ‘n Suid-Afrikaner een van die sewe mense aan boord was van die vlieguig wat aan die brand geslaan het en in die Victoriameer neergestort het.
Daar word gemeen dat lede van vredesmagte in Somalië aan boord was.

Subscribe to:
Posts (Atom)