Wednesday, 25 March 2009

Qunta bedank by SABC

Die kontroversiële SABC raad se adjunkvoorsitter, Christine Qunta, het bedank.

Dit is Woensdag berig dat sy per brief bedank het vanuit al haar posisies binne die SABC.

Die bedanking is effektief vanaf 1 April. Geen redes is verstrek vir haar bedanking nie.