Monday, 30 March 2009

Zuma: Los my uit

Die ANC-leier Jacob Zuma het Sondag teruggeslaan na opposisiepartye wat hom wil laat vervolg.

Zuma het by ‘n ANC saamtrek in Rustenburg gesê dat hoewel opposisiepartye vinnig was om te sê dat hulle die gereg respekteer, hulle baie gou gekla het as iemand sy grondwetlike regte uitoefen.

Hy sê sommige opposisiepartye fokus daarop om argumente te lewer aan die vervolgingsgesag oor hoekom hy vervolg behoort te word, eerder as aan hulle verkiesingsveldtogte te dink.