Die Oprah Winfrey Leadership Academy School for Girls is deur ‘n nuwe skandaal geruk.
Sewe meisies is die afgelope week geskors weens beweerde seksuele intimidasie en onsedelike aanranding. Van die leerlinge het glo liefdesverhoudinge gehad en ander is aangemoedig of geïntimideer om verhoudings te hê.
Oprah se woordvoerder, Lisa Halliday, het gesê die meisies het die skool se gedragskode oortree en dat die saak as vertroulik beskou word.