Wetsgehoorsame burgers kan nie blameer word daarvoor as hulle die reg in eie hande neem nie, want misdadigers het te veel regte, het die ANC president Jacob Zuma, gesê.
Zuma het ANC ondersteuners toegespreek in Limpopo waar hy gesê het dat sommige regte van misdadigers behoort weggeneem te word om mense te beskerm wat in vrees leef vir misdaad.
“As burgers misdadigers in die hande kry moet hulle nie blameer word daarvoor as hulle die reg in eie hande neem nie. Hulle moet ondersteun word, want die polisie moet optree. Die polisie moet optree saam met gemeenskappe om van misdadigers ontslae te raak," het Zuma gesê.