Tuesday, 17 March 2009

OVK beamptes 'partydig'

Opposisie partye in die Noord-Kaap gaan die Onafhanklike Verkiesingskomitee (OVK) vra om ongeveer 40 beamptes in die provinsie te verwyder omdat hulle glo die ANC steun.

Vier partye, die VF+, Cope, ACDP en die DA, het Maandag geweier om die OVK se gedragskode, wat partye en hul kandidate verbind daartoe om kiesers gerus te stel oor die komitee se neutraliteit, te teken.

Die vier partye sal ‘n lys oorhandig met die name van die beamptes wat hulle glo is die ANC goedgesind of omdat hulle ANC lede is of posisies beklee binne Cosatu en geaffilieerde unies.