Friday, 20 March 2009

Twee kandidate blykbaar oorlede

Die hoofverkiesingsbeampte het besware teen twee kandidate wat vir die verkiesing in aanmerking wou kom aanhangig gemaak, omdat hulle blykbaar beide oorlede is.

Die twee, wie se name op die provinsiale en nasionale lyste is, het die ID en die PAC verteenwoordig. Die onafhanklike verkiesingskomitee het ‘n totaal van 338 besware uit die lys van 9 425 kandidate ontvang.