Tuesday, 31 March 2009

VF+ soek steeds volkstaat

Die VF+ sê dat selfbeskikking en ‘n Afrikaner volkstaat steeds bo-aan die agenda is van die party.

Leier Pieter Mulder het gesê sy party het afgesien van die plan om ‘n aparte land te hê en was nou bereid om te aanvaar watter model ook al werk, of dit op munisipale, provinsiale of nasionale vlak was.

Hy het gesê die model kon klein begin, soos die dorpie Orania in die Noord-Kaap, waar 600 mense woon.

Die leier van die Orania Beweging, Carel Boshoff, het gesê dat die bevolking van die dorpie gegroei het met tussen 14 en 20% oor die afgelope vyf jaar.