Monday, 23 March 2009

Mbeki verduidelik redes

Die voormalige president, Thabo Mbeki, het in ‘n onderhoud gesê hy het uitgetree sonder om enigiets te sê om enige politieke konflik te vermy.

Hy het in die onderhoud met die tydskrif The Thinker gesê hy wou nie in konflik wees met die ANC se uitvoerende komitee nie, want dit kon moontlik almal in die land nadelig beïnvloed. Die tydskrif word die einde van die maand deur die voormalige minister in die Presidensie, Essop Pahad, van stapel gestuur.