Wetstoepassers by die OR Tambo lughawe het beslag gelê op 565kg CAT, die chemikalie wat gebruik word tydens die vervaardiging van tik. Die besending, die grootste wat die afgelope vyf jaar by ‘n Suid-Afrikaanse lughawe gevind is, is sowat R170 miljoen werd en is op ‘n vlug van Pakistan na Johannesburg opgespoor.
Die owerhede wou nie verdere kommentaar lewer nie en wou nie bevestig of ‘n dwelmsindikaat betrokke is nie.