‘n Twintig-jarige graad 10-leerling het Sondag drie mense doodgekap met ‘n byl en twaalf ander beseer in Mayflower naby Ermelo.
Een van die slagoffers was ‘n ses maande oue baba. Die man, wat vermoedelik geestelik versteurd is, het Vrydag al begin gewelddadig optree, waarna die polisie ingeroep is, maar die man het toe bedaar, het polisiewoordvoerder kaptein Sabelo Mlangeni Maandag gesê.
Hy het Sondag weer gewelddadig geraak en familielede het hom vasgebind, maar hy het hom losgewoel en sy eie familie asook vreemdelinge aangeval. Hy sal by die Weskoppies psigiatriese hospitaal ondersoek word.