Saturday, 14 March 2009

Benoni sakeman ontvoer

Die Gauteng polisie is opsoek na drie mans wat ‘n sakeman van Benoni ontvoer en aangerand het.

Die swaargewapende mans het Vrydag by die sakeman se huis in Benoni ingebreek. Die inbrekers het na die man se kamer gegaan, hom wakker gemaak, en gedwing om die kluis oop te maak.

Die sakeman se buurman het gesien hoe die mans hom geblinddoek na die wagtende kar geneem het en weggery het.