Saturday, 14 March 2009

Onmin in die kerk

‘n Storm woed in die Universal Church of the Kingdom of God.

Suid-Afrikaanse pastore beskuldig hulle Brasiliaanse biskop van rassisme, diskriminasie en die feit dat hy voorkeur gee aan Portugese pastore.

Ten minste 50 pastore het die kerk sedert die einde van 2008 verlaat, en hierdie pastore beweer dat verskeie ander pastrore in die kerk dieselfde wil doen, maar dit finansieel nie kan bekostig nie.