Wednesday, 11 March 2009

'Mr Big het opdrag gegee'

‘n Self-erkende dwelmsmous wat Staatsgetuie geword het, Chandre Petersen, het in die Kaapse Hooggeregshof getuig dat dit die vermeende dwelmbaas Quinton “Mr Big” Marinus was wat opdrag gegee het dat ‘n Elsiesrivier pa, Henry Stevens, doodgemaak word.

Petersen, wat teenwoordig was toe Stevens doodgemaak is, het getuig in die moordsaak teen Jason Canterbury, 25. Hy het in 2003 R6.7 miljoen in ‘n Lotto trekking gewen, maar glo ‘n dwelmsaak begin om sy verminderende kontant aan te vul. Russel “Sniper” Johannes en Remo Kuys word ook vir die dood van Stevens in September 2006 vervolg.