Amper 2000 regeringsamptenare het op oneerlike wyse behuisingsubsidies bekom ter waarde van R26m, het ‘n spesiale ondersoekeenheid Woensdag gesê.
Faiek Davids het gesê 1 962 amptenare “was nie geregtig op ‘n subsidie nie”.
Die ondersoek het uitgeloop op 724 kriminele vervolgings en 634 dissiplinêre verhore.
Die eenheid gaan ten minste R18 miljoen terugkry danksy terugbetalingsooreenkomste.